Die gewone mossie (Passer melanurus) is klein voëltjies met vaal en bruin vere. Dit 'n amper-endemiese algemene standvoël in grasveld, landerye en groot tuine. Sommige kom ook voor in stedelike gebiede. Hulle maak nes in 'n bos of boompie (dikwels ook 'n doringboom) of in 'n muur of dakopening. Die wyfie lê vier tot ses eiers wat omtrent twee weke neem om uit te broei. Die voël word 15 cm groot en weeg 22–36 gram. In Engels staan die voël bekend as die Cape sparrow.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Eksterne skakels

Kategorie:Mossies