Theodore Roosevelt, Jr. (27 Oktober 1858 – 6 Januarie 1919) was die 26ste President van die Verenigde State (1901–1909). Tydens sy ampstermyn het Oklahoma op 16 November 1907 die 46ste deelstaat van die Verenigde State geword. Sy portret is saam met die van die presidente George Washington, Thomas Jefferson en Abraham Lincoln by Mount Rushmore uitgebeeld.
Tydens die Spaans-Amerikaanse Oorlog het hy die stormloop op San Juan-heuwel gelei. Theodore Roosevelt het in 1906 die Nobelprys vir Vrede ontvang vir sy bemiddeling in die Russies-Japannese Oorlog van 1904−1905. Danksy sy inisiatief is die oorlog formeel beëindig met die ondertekening van die Verdrag van Portsmouth.
Sien ook Theodore Roosevelt jr.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Presidente van die Verenigde State Kategorie:Amerikaanse goewerneurs Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Amerikaanse Vrymesselaars Kategorie:Kolonels Kategorie:Wenners van die Nobelprys vir Vrede Kategorie:New York Kategorie:Geboortes in 1858 Kategorie:Sterftes in 1919 Kategorie:Adjunkpresidente van die Verenigde State