Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT, Engels: Cape Peninsula University of Technology) is 'n universiteit in Kaapstad. Dit beslaan onder andere kampusse in Zonnebloem en Bellville. Die universiteit is gevorm deur die samesmelting van die voormalige Kaapse Technikon en die Skiereiland Technikon.

KSUT bied verskeie programme aan in vele velde, insluitend ingenieurswese en grafiese ontwerp. Programme tot op DTech-vlak word aangebied.

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Kaapstad Kategorie:Suid-Afrikaanse universiteite