duimnael|250px|’n Erotiese toneel op ’n Griekse drinkbeker, omstreeks 510 v.C. duimnael|250px|’n Antieke Romeinse olielamp wat seks van agter af uitbeeld. duimnael|250px|’n Antieke Romeinse olielamp (omstreeks 1ste eeu n.C.) met ’n toneel van ’n vrou wat met twee mans seks het. duimnael|’n Indiese beeld uit die Soenga-ryk, 1ste eeu v.C. duimnael|Tradisionele pederastie-toneel op ’n Griekse houer uit die 5de eeu v.C. Die geskiedenis van erotiese afbeeldings sluit in skilderye, beeldhoukuns, foto's, toneelstukke, musiek en geskrifte wat deur die eeu gebruik is om tonele van ’n seksuele aard uit te beeld. Hulle is geskep deur feitlik alle beskawings, antiek en modern. In vroeë kulture is seks dikwels verbind met bonatuurlike kragte en dus is baie sulke uitbeeldings in godsdienste gebruik. In Asiatiese lande soos Indië, Nepal, Sri Lanka, Japan en China, het uitbeeldings van ’n seksuele of erotiese aard spesifieke spirituele betekenisse binne die plaaslike godsdienste. Die Grieke en Romeine het baie kuns en versierings van ’n erotiese aard geproduseer, waarvan baie deel was van hul godsdienstige oortuigings en kulturele praktyke.
In meer onlangse tye, namate kommunikasietegnologie uitgebrei het, is elke nuwe tegniek, soos fotografie, drukwerk, rolprente en rekenaars, ingespan om sulke afbeeldings te vertoon en versprei.
Vroeë houdings In vroeëre tye was erotiese afbeeldings dikwels ’n onderdeel van die kultuur en is dit nie anders gehanteer as enige ander soort kuns nie. Die moderne konsep van pornografie het nie voor die Victoriaanse tydperk bestaan nie. Die huidige definisie daarvan het eers in die 1860's ontstaan toe dit ’n ouer definisie van skryfwerk oor prostitute vervang het. Dit het in 1857 die eerste keer in ’n Engelse mediese woordeboek voorgekom as "a description of prostitutes or of prostitution, as a matter of public hygiene."Dunglison, Robley (1857). Medical lexicon. A dictionary of medical science, 1857-uitgawe, "Pornography" . Uit die Oxford English Dictionary, 2de uitgawe (1989), Oxford University Press, URL beseok op 30 November 2006. Teen 1864 het die eerste weergawe van die moderne definisie in die Webster-woordeboek verskyn: "licentious painting employed to decorate the walls of rooms sacred to bacchanalian orgies, examples of which exist in Pompeii."An American dictionary of the English language, nuwe en hersiene uitgawe (1864), "Pornography" . Uit die Oxford English Dictionary, 2de uitgawe (1989), Oxford University Press, URL besoek op 30 November 2006. Dit was die begin van die definisie wat nou gebruik word vir eksplisiete afbeeldings in die algemeen. Hoewel sekere soorte seks deur vroeë wette beheer of verbied is, was dit tot in 1857 nie in enige land onwettig om na afbeeldings te kyk wat dit uitbeeld nie. In sommige gevalle is die besit van sekere boeke en beelde verbied, maar die neiging om die besigtiging daarvan onwettig te maak, was ’n produk van die Victoriaanse tydperk.
Toe grootskaalse uitgrawings van Pompeji in die 1860's gedoen is, het baie van die erotiese kuns van die Romeine aan die lig gekom en dit het die Victoriane geskok omdat hulle hulself beskou het as die intellektuele erfgename van die Romeinse Ryk. Hulle het nie geweet wat om te doen met hierdie openlike uitbeelding van seksualiteit nie en het dit probeer wegsteek van almal behalwe die hoogste geleerdes. Die voorwerpe wat verwyder kon word, is toegesluit in die Nasionale Argeologiese Museum in Napels, en die res is afgesper sodat vroue, kinders en die werkende klas dit nie kon sien nie. Engeland (en die wêreld) se eerste wette wat pornografie gekriminaliseer het, was die Obscene Publications Act van 1857.
Afgesien van sekere tydperke waarin die uitbeelding van erotiese temas nie toegelaat is nie, was dit vir duisende jare algemeen.
Vroeë afbeeldings Paleolities & Mesolities Onder die oudste erotiese uitbeeldings wat behoue gebly het, is Paleolitiese grotskilderye en snywerk. Van die mees algemene beelde is van diere, jagtonele en menslike geslagsorgane. Naakte mense met oordrewe seksuele eienskappe is uitgebeeld in sommige Paleolitiese skilderye en kunswerke (bv. van Venus). Onlangse grotkuns wat by Creswell Crags, Engeland, ontdek is en vermoedelik meer as 12 000 jaar oud is, sluit in simbole wat dalk gestileerde weergawes van vroulike geslagsdele is. Omdat daar geen direkte bewyse is van die gebruik daarvan nie, word vermoed dat hulle in godsdienstige rituele gebruik is of vir ’n meer direkte seksuele doel.
Argeoloë in Duitsland het in April 2005 bekend gemaak dat hulle ’n uitbeelding ontdek het wat hulle glo 7 200 jaar oud is van ’n manlike figuur wat oor ’n vroulike figuur buk op ’n manier wat op seksuele omgang dui. Die manlike figuur is Adonis von Zschernitz gedoop.
Egipte ’n Kunsvoorwerp van Egipte, die Turynse Erotiese Papirus, word die "manstydskrif" van sy tyd genoem. Dit dateer van 1292 v.C. – 1075 v.C. en bestaan gedeeltelik uit eksplisiete afbeeldings van seksdade.
Grieke en Romeinse links|duimnael|’n Tipiese heteroseksuele Romeinse skildery uit Pompeji. Die Antieke Grieke het dikwels sekstonele op hul potte geskilder, waarvan baie die eerste bekende uitbeeldings van homoseksualiteit en pederastie is. Griekse kunswerke beeld dikwels seksuele aktiwiteite uit, maar dit is onmoontlik om te onderskei tussen wat vir hulle onwettig of immoreel was aangesien die antieke Grieke nie ’n konsep van pornografie gehad het nie. Hul kuns was eenvoudige uitbeeldings van die alledaagse lewe, sommige meer seksueel as ander. Gesnede fallusse kon in plekke van aanbidding gesien word, soos in die Tempel van Dionysos op Delos, terwyl ’n algemene huishoudelike item wat die bewoners ook beskerm het, die "herm" was, ’n beeld wat bestaan het uit ’n kop op ’n vierkantige voetstuk met ’n prominente fallus vooraan. Die ideale Griekse man het ’n klein penis gehad, en die Romeine het dié uitbeelding later oorgeneem. Die Grieke was ook verantwoordelik vir die eerste bekende uitbeelding van erotiese lesbiese liefde in die Weste, met Sappho se Lofsang aan Afrodite en ander homo-erotiese werke.
duimnael|’n Priapos-figuur van Pompeji. Daar is verskeie seksueel eksplisiete skilderye en beelde uit die verwoeste Romeinse geboue in Pompeji en Herculaneum, maar die oorspronklike doel daarvan verskil. Enersyds is daar in die "Villa van die Geheime" ’n rituele geselingstoneel wat duidelik verband hou met ’n godsdienstige kultus en die betekenis van hierdie beeld is godsdienstig eerder as seksueel. Andersyds het grafiese muurskilderings in ’n bordeel seksdienste bo die deure geadverteer. In Pompeji is fallusse en testikels in die sypaadjies aangebring om vir die besoeker die pad aan te dui na die prostitusie-en-vermaakdistrik, asook vir algemene versiering. Vir die Romeine was afbeeldings van seksdade versierings in goeie smaak, en die beelde het inderdaad die morele sedes en gewoontes van hul kultuur weerspieël, soos op die Warren-beker. Seksdade wat as taboe beskou is, soos dié wat die reinheid van die mond besoedel het, is in baddens aangebring vir ’n komiese effek. Groot fallusse is dikwels naby ingange aangebring omdat die fallus geluk sou bring, en sulke snywerk was algemeen in huise.
Een van die eerste voorwerpe wat gevind is met die uitgrawings by Pompeji was ’n marmerbeeld van Pan wat seks het met ’n bok – dit is as so afstootlik beskou dat dit nie in die openbaar uitgestal is tot in die jaar 2000 nie. Dit is steeds in die argeologiese museum in Napels.
Peruaans Die Moche van Peru is nog ’n antieke volk wat eksplisiete sekstonele op hul potte geverf het. Hulle het egter ’n heel ander doel daarmee gehad as ander, vroeëre beskawings. Die Moche het geglo die wêreld van die dooies was presies die teenoorgestelde van die wêreld van die lewendes. Vir offerandes by begrafnisse het hulle dus beelde gemaak wat seksdade soos masturbasie, fellatio en anale seks uitbeeld wat nie tot swangerskap sou lei nie. Die hoop was dat die uitbeeldings in die wêreld van die dooies die teenoorgestelde uitwerking sou hê en tot vrugbaarheid sou lei. Die erotiese pottebakkerswerk van die Moche word uitgebeeld in die boek Checanbook-review (In British Journal of Aesthetics, Vol. 6, 1966) of Checan deur Rafael Larco Hoyle.
Asië In die Ooste was daar ’n lang tradisie van erotiese skilderye. Japan, China, Indië, Persië en ander lande het talle kunswerke geskep wat menslike liefde uitbeeld: liefde tussen mans en vroue asook liefde tussen mense van dieselfde geslag. Een van die bekendste antieke sekshandleidings is die Kama Soetra, in Indië geskryf deur Vātsyāyana in die eerste paar eeue n.C. Nog ’n noemenswaardige behandeling van die mens se seksualiteit is Die Geparfumeerde Tuin deur die Tunisiër Muhammad ibn Muhammad al-Nafzawi wat uit die 15de eeu dateer.
In Japan is erotiese tonele veral uitgebeeld in die blokdruk. Dié styl, wat bekend is as sjoenga (春画), en kunstenaars wat dit gebruik het, het ’n groot aantal werke voortgebring. Beskilderde perkemantrolle was ook gewild. Sjoenga het in die 13de eeu sy verskyning gemaak en het aanhou groei ondanks poging van tyd tot tyd om dit te onderdruk – die eerste hiervan was ’n verbod op erotiese boeke in 1722. Sjoenga word nie meer vervaardig sedert die 19de eeu toe fotografie ontdek is nie.
Die Chinese tradisie van erotiese kuns dateer reeds uit die Yuan-dinastie (1271–1368). Dit het ’n hoogtepunt bereik tydens die laaste deel van die Ming-dinastie (1368–1644).
In beide China en Japan het erotisisme ’n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van die roman. Die Verhaal van Genji, die werk van ’n 11de-eeuse Japannese edelvrou wat dikwels "die wêreld se eerste roman" genoem word, volg die baie verhoudings van die held in diskrete, maar vleeslike taal. Hoewel Die Verhaal van Genji gewild was in Japan sedert dit geskryf is, was die meer eksplisiete roman Die Pluim in die Goue Vaas, wat dikwels beskryf word as een van die "vier groot klassieke romans" van die Chinese letterkunde, onderdruk as pornografie vir die grootste deel van sy bestaan en is dit vervang op die lys van die vier klassieke romans.
Europa Erotiese tonele het ook in die Middeleeue hul verskyning gemaak, maar is net gesien deur diegene wat die baie duur handgemaakte boeke kon bekostig. Die meeste van dié tekeninge het in die kantlyne van getyboeke verskyn. Baie Middeleeuse geleerdes het gedink die prente voorsien in die behoefte aan erotiese beelde en godsdiens in een boek, aangesien dit die enigste boek was wat baie mense besit het. Ander geleerdes het gedink die tekeninge in die kantlyn dien as die een of ander morele waarskuwing, maar die uitbeelding van priesters en ander hoë amptenare in seksdade het dalk ook ’n politieke oorsprong gehad.
Dit was eers met die ontdekking van die drukpers deur Johannes Gutenberg dat seksueel eksplisiete beelde in die Weste as deel van ’n soort massasirkulasie versprei is. Voorheen was erotiese beelde, wat handgemaak en duur was, beperk tot mans uit die elite. Selfs die British Museum het ’n afdeling gehad met ’n versameling van antieke erotika wat in 1865 geskenk is deur die aristokratiese dokter George Witt. Die res van die versameling, waartoe ook sy plakboeke behoort, is nog steeds in kas 55 te sien, hoewel die grootste deel daarvan intussen in ander versamelings in die museum opgeneem is.
Die begin van massasirkulasie Drukwerk duimnael|Erotiese kuns, vermoedelik na die kuns van Agostino Carracci (1557–1602).