duimnael|regs|255px|Robertson se NG moederkerk is in 1905 in gebruik geneem. Die argitek was John Gaisford.
Die NG gemeente Robertson is 'n groot plattelandse gemeente in die provinsie Wes-Kaap en die NG Kerk se Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland. Dit is in 1853 gestig as die 52ste gemeente in die hele Kerk, maar is tans (2015) die 51ste oudste gemeente ná die inlywing van die NG gemeente Middelburg, Kaap by haar dogtergemeente, Middelburg-Uitsig, in 2010.
Gemeentestigting duimnael|links|170px|Robertson se moedergemeente het dié medalje in 1953 uitgereik ter viering van die gemeente se eeufees.
Robertson is 'n boomryke semi-Karoodorp aan die voet van die Langeberg, tussen Worcester en Swellendam. Die dorp is in 1853 gestig op die plaas "Over het Roode Zand onderaan de Hoops Rivier". Dié plaas is toe reeds al meer as 'n honderd jaar deur blankes bewoon. Die laaste eienaar was Johannes Willem van Zijl. Die plaas het onder die distrik Swellendam geressorteer. Die gemeente was baie uitgestrek sodat dr. William Robertson van Swellendam slegs elke drie maande op "over het Roode Zand" 'n diens kon hou. Maar die streek het digter bevolk geraak en die behoefte aan 'n eie gemeente het mettertyd sterker geword, totdat Johannes van Zijl, eienaar van die plaas, en Maurits B. Polack, onderwyser van die plaasskool, op 22 September 1852 'n brief rig aan dr. Robertson, scriba van die Ring van Swellendam, en toestemming vra vir die stigting van 'n nuwe gemeente en dorp. In opdrag van die Swellendamse Ring is die plek "geinspecteerd en goedgekeurd als zeer geschikt ter oprigting eener nieuwe gemeente". Ná die gebruiklike formaliteite afgehandel is, is die plaas "Over het Roode Zand" van Van Zijl vir £4 200 gekoop, wat in dié dae 'n baie groot prys vir 1 525 morge was. Die koopbrief is op 8 Februarie 1853 onderteken. Om die nuwe dorp en gemeente te beheer, is tien direkteure gekies. H. van Reenen het die dorp opgemeet, en op 4 Mei is die eerste erwe opgeveil. Op die vergadering van 29 Januarie het die direkteure aan dr. Robertson geskrywe en gevra om die dorp na hom te noem. Hulle skryf dat hulle oortuig is "dat het algemeen verlangen is, het aanstaande dorp met U Wel-Eerwaardens naam te vereeren, en hopen daar wij gaarne een blijvend aandenken aan ons nakroost willen nalaten van een hartelijk beminden en zeer hooggeachten leeraar wiens pogingen om een zuivere Evangelieleer te verkondigen, cn cene reine Christelyke opvoeding der jeugd te verzekeren, onvermoeid waren, als mede wiens liefderijke en welwillende vriendelijkheid, waarmede hij een ieder behandeld heeft met wien zijne plichten bbetn in aanraking bragten, het zij in dit district als elders, aan de geheele kolonie bekend is,—dat Uw Wel-Eerwaarde ons niet te leur zult stellen, en er niets tegen hebben zult, dat wij aan het gouvernement voordragen Uw Wel-Eerwaardens naam 'Robertson' aan ons dorp toe te staan."
Dr. Robertson het ingewillig en op 16 Februarie 1851 William Hope, waarnemende goewermentsekretaris, in die Cape Good Hope Government Gazette aan dat die luitenant-goewerneur ook sy goedkeuring aan die naam geheg het. Die gemeente het baie gou begin met die bou van hulle kerk, sodat die hoeksteen gelê kon word op 16 September 1853 deur Petrus Johannes Truter, gewese lid van die ou Raad van Justisie en gewese siviele kommissaris van Worcester.
Ds. De Smidt se bediening duimnael|links|205px|Ds. Charles de Smit is in Junie 1859 bevestig as Robertson se eerste leraar, maar is reeds in Januarie 1861 oorlede tydens 'n koorsepidemie, wat ook talle lidmate se lewe geëis het. Van ds. Charles de Smidt se ontvangs en bevestiging op Robertson op 22 Junie 1859 vertel nóg die argiefstukke in die NG Kerkkantoor nág die Gereformeerde Kerkbode iets. Dat die gemeente wat meer as ses jaar verlangend uitgesien het na die dag waarop hy sy eie leraar sou kon verwelkom, en boonop juis op hom so lank moes was, hom met ope arms ontvang het, is te verstane. En so begin hy dan sy bediening in die jong dorpie waar nog nie veel meer geboue as die kerk, die magistraatsgebou en 'n klompie huise en winkels was nie.
Van hom vertel ds. J.A. van Z. le Roux in die Gemeenteblad van Robertson in Oktober 1924 onder meer: "Hy het … van die begin af sy taak aangepak met die noeste vlyt. Aan sy naarstige soek na die heil van onsterflike siele het 'n innige gemeenskap met sy Heer gepaard gegaan deur middel van gebed. Menige dag … het hy die eensaamheid gaan opsoek aan die voet van Muiskraalskop. Daar het hy, gelyk Daniël die profeet, in stilte met sy Heer omgang gehad deur middel van die gebed. Aan vrug op sy getroue arbeid het dit dan ook nie ontbreek nie.” In 'n artikel wat in dieselfde blad in Desember 1923 verskyn het, vertel 'n anonieme skrywer onder meer: "Ds. de Smidt was 'n man met een open karakter — wat in hem was, kwam uit, al moest de toehoorder daaronder sidderen en beven. Hij was verder bezield met een buitengewone ernst en toewijding aan de dienst des Heeren. In zijn ziel brandde er steeds een heilig vuur voor de redding van verloren gaande zielen. Hij was bij uitnemendheid een boetprediker, een zielzoeker, een herder van zijn kudde. Zijn ernst dreef hem dikwels een harde boodschap aan de gemeente, huisgezin of persoon te brengen. Zo bezocht hij eenmaal 'n onverschillige man in Klaasvoogds Rivier, en terstond na hij zijne boodschap had geleverd, reed hij weg. Het hart van die man werd geraakt, vergruisd, gewonnen."
Herlewingskoferensie op Worcester regs|300px|duimnael|Dis ds. De Smidt net gegun om 18 maande die Woord te verkondig in die ou NG kerk op Robertson. Die hoeksteen is op 16 September 1853 gelê, dis ingewy op 29 Oktober 1856 en gesloop en deur die huidige kerkgebou vervang in 1905.
In ds. De Smidt se kort dienstyd het daar op Worcester 'n konferensie plaasgevind waarvan ook die gemeente Robertson die heilsame gevolge sou ondervind. Toe die Kweekskool op Stellenbosch in November geopen is, het die aanwesige predikante aan proff. John Murray en Nicolaas Hofmeyr en die Stellenbosse leraar ds. J.H. Neethling die taak opgedra om lede van alle Christelike kerke uit te nooi om 'n konferensie op Worcester by te woon waar groot kerklike vraagstukke bespreek sou word. Prof. Hofmeyr het die organisasiewerk op hom geneem, en die byeenkoms het dan ook op 18 en 19 April 1860 plaasgevind. Die aanwesiges was uit meer as 20 gemeentes afkomstig. Van die elf aanwesige jongere predikante was sewe seuns of skoonseuns van ds. Andrew Murray sr. van die NG gemeente Graaff-Reinet, wat ook daar was; maar slegs vyf van die ouere predikante het die verrigtinge bygewoon. Referate is oor verskeie onderwerpe gelewer, onder meer "Herlevingen” deur dr. William Robertson; "Volkslektuur voor Zuid Afrika" deur prof. John Murray; "Christelijke Regering" deur ds. De Smidt; en "Opvoeding" deur Ds. J.H. Neethling. Aan die einde van die tweede dag stel ds. Andrew Murray jr., die nuwe predikant van Worcester, voor om 'n leraar van die NG Kerk, en wel dr. Robertson, na Holland, Duitsland, Skotland en desnoods Amerika te stuur om predikante, sendelinge en onderwysers te soek om so in die dringende behoefte hier te lande te probeer voorsien.
Dr. Robertson het die opdrag aanvaar, maar min kon hy toe dink dat een van sy "rekrute" die opvolger van sy beminde vriend Charles de Smidt sou wees. Die Konferensie op Worcester was oorsaak van 'n wydverspreide en seënryke geestelike herlewing in die NG Kerk. Prof. John du Plessis vertel in sy biografie van ds. Andrew Murray jr. dat die herlewing op 'n stil manier begin het, sonder die aanwending van uiterlike middele om die vuur van geestelike lewe aan te wakker. In gemeentes wat die sterkste op die Konferensie verteenwoordig was, is eerste die ontwaking van 'n nuwe geestelike erns waargeneem. Bidure is beter bygewoon en nuwe bidkringe op baie plekke gestig. In die gemeentes Montagu en Worcester het die eerste tekens van waaragtige opwekking hulle openbaar. Die beweging het ook nie net tot die dorpe beperk gebly nie, maar hom ook kragtig getoon selfs op verafgeleë buiteplase waar manne en vroue plotseling aangegryp is deur gewaarwordinge waarvan hulle nog maar weinige weke, of selfs dae, tevore vreemd was. Uit Montagu is byvoorbeeld berig: "Op Zondagavond 22 Julie werd alhier een biduur gehouden door di. (Robert) Shand en De Smidt, toen de opwekking zoo groot was dat men klaagde dat de bidstond een uur te vroeg eindigde. Een jaar geleden wist men van geen bidstonden, maar nu houdt men ze dageliks, zelfs tot drie-maal 's daags, ook onder kinderen. Of dit het werk des Geestes is, wordt door sommigen betwist; doch wij zijn getuige geweest van zekere gevallen, dat men overtuigd wordt van zonde, en claardoor onbeschrijfelijk ontsteld wordt, en door niets zich laat troosten dan door het verzoenend lijden van onze Here Jezus Christus, en door het gebed."
Van wat in die Robertsonse gemeente in dié tyd gebeur het, vertel die Kerkraad se verslag oor die staat van Godsdiens wat in Oktober 1860 na die Ringsvergadering opgestuur is. Ds. De Smidt, opsteller van dié dokument, skryf: "Doch is er niet ten onzent geschied eene bepaaldelijke uitstorting van Gods Geest? Eene werking van den Geest is er ontegen-zeggenlijk. Getuigen de veelvuldige Bidstonden die als van zelve alom in de Gemeente geboren werden en stand houden — alom, zeggen wij, want er kon bezwaarlijk een enkel wijk der Gemeente worden opgenoemd waar zoodanige vereeniging niet te vinden is. Is er eene uitstorting? Verbindt men de Uitstorting des Geestes aan eene overmatigende lichaams- en zielsbeweging, dan deelen wij tot hiertoe in de opwekking niet, maar is de bijzondere krachtige opwekking in het afsterven van den ouden, en het aantrekken van den nieuwen mensch, kortom, in de bekeering tot God, dan mogen wij zonder vermetelheid roemen in eene krachtdadige openbaring van Gods regterarm in ons midden. De Jeugd vooral op verschillende plaatsen begaf zich tot het bidden en smeeken. Hier en daar knielden kinderen ulfs om bekeering neder — zij die zich vroeger der wereld wijdden, verbonden zich nu aan den God der genade in hunne eenzaamheid, en werden weldra voorgangeren en oorbidders in broederlijke samenkomsten: en ook de Zusters in haren kring verhieven haar belaste harten tot God die zegt 'Bidt, en het zal u gegeven zijn'. Wat wij nog hoopen en wachten is niet de sloopende ontroering van andere landen, maar de zachte en zoete fluisteringen van Gods liefdestem — de kalme doch krachtdadige werking des Heiligen Geestes die ons geloof vasthecht, niet aan een stormachtige opwelling des gemoeds, hoe dikmaals dit ook gevorderd zij, maar aan de bestendige onzigtbare gemeen-schap met Hemzelf, den Trooster die bij ons blijft tot in der Eeuwigheid, den geest die staat tegenover magt en geweld."
Siekte en dood Te midde van hierdie geestelike seëninge het 'n vreeslike ramp die dorp getref — 'n epidemie van maagkoors wat van November 1860 af tot Februarie 1861 gewoed het. In hierdie tyd van beproewing het ds. De Smidt onverdrote en onverskrokke, selfs toe dit met groot gevaar gepaard gegaan het, nooit in sy pligsbetragting verflou nie. Gewoonlik het hy soggens die siekes besoek en smiddae begrafnisse gehou, egter sonder om enige voorsorg te neem om hom teen besmetting te vrywaar, "meenende dat de Heer, die hem geroepen had tot het werk, ook magtig was hem te bewaren. Later hierover sprekende," vervolg die reeds aangehaalde onbekende skrywer in "De Gereformeerde Kerkbode" van 9 Februarie 1861, "heeft hij erkend, dat het goed is, terwijl wij op God vertrouwen, ook de middelen aan te wenden."