Die nasionale vlag van Armenië (Armeens: Հայաստանի դրոշ, Hajastani drosj), ook bekend as die Driekleurvlag (Եռագույն, Yeřaguyn), is op 24 Augustus 1990 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n horisontale driekleur in rooi, blou en oranje. Armenië het hierdie ontwerp van die nasionale vlag tussen 1918 en 1921 gebruik en weer in 1990 die vlag aanvaar.

Die huidige vlag is deur die Armeense Opperste Sowjet goedgekeur. Op 15 Junie 2006 is die Wet op die Nasionale Vlag van Armenië deur die Armeense Nasionale Vergadering gepromulgeer, waardeur die gebruik van die vlag gereguleer word.

Deur die geskiedenis was daar baie variasies van die Armeense vlag in gebruik. In antieke tye is die Armeense dinastieë voorgestel deur verskillende simboliese diere wat op die vlae gepryk het. In die twintigste eeu is verskeie Sowjetvlae gebruik om Armenië te verteenwoordig.

Geskiedenis Vandag se driekleurvlag herinner nie juis aan die vroegste Armeense ‘vlae’ nie; in die antieke tyd is oorlog gevoer met ’n leër wat ’n paal met gravures in, geloop. Die gravures was iets in die styl van ’n draak, arend, leeu of “een of ander geheimsinnige voorwerp van die gode.” Met die opkoms van Christendom het die Armeense Ryk talle verskillende vlae aangeneem wat die verskillende dinastieë voorgestel het. Die vlag van die Artaxiad-dinastie het byvoorbeeld bestaan uit ’n rooi baan met twee arende wat oor die rug na mekaar kyk met ’n blom tussen die twee arende.

19de eeu Nadat Armenië opgedeel is tussen die Persiese en Ottomaanse Ryke, het die idee van ’n Armeense vlag vir ’n wyle uitgesterf. Die Armeens Katolieke priester Vader Ghevont Alishan het in 1885 ’n nuwe vlag vir Armenië geskep nadat die Armeense Studentevereniging van Parys ’n vlag versoek het vir die begrafnis van die Franse skrywer Victor Hugo. Alishan se eerste ontwerp was baie soortgelyk aan vandag se Armeense vlag: ’n horisontale driekleur. Dit het baie gelyk soos ’n onderstebo weergawe van die huidige vlag van Bulgarye. Die boonste baan was rooi wat die eerste Paassondag (ook genoem “Rooisondag”) voorgestel het, die groen baan het die “Groen“ Paassondag voorgestel en die wit is ingesluit om die kleurkombinasie te voltooi. Terwyl hy in Frankryk was het Alishan ’n tweede vlag ontwerp. Dit staan vandag as die “Nasionalistiese Armeense Vlag” bekend. Dit was ook ’n driekleur, hierdie keer vertikaal en soortgelyk aan die vlag van Frankryk. Die kleure van hierdie tweede vlag was rooi, groen en blou wat die reënboog wat Noag gesien het nadat hy berg Ararat gesien het.

Transkaukasiese Demokraties-Federatiewe Republiek In 1828, ná die laaste Russies-Persiese oorlog, is verskeie van die Khanate van die Kaukasus deur die Russiese Ryk geannekseer. Toe die Russiese Ryk tot ’n val gekom het, het Russies-Armenië sy onafhanklikheid verklaar en by die kortstondige Transkaukasiese Demokraties-Federatiewe Republiek aangesluit, saam met Azerbeidjan en Georgië. Hierdie verenigde staat het skaars ’n jaar bestaan voordat dit ontbind is. Omdat die republiek so ’n kort bestaan gehad het, het dit geen vlae of simbole gebruik nie. Sommige historici beskou ’n horisontale goud, swart en rooi driekleur, soortgelyk aan die vlag van Duitsland met die kleure wat anders gerangskik is, egter as ’n vlag wat vir Transkaukasië gebruik is. Die federasie is op 26 Mei 1918 ontbind toe Georgië sy onafhanklikheid verklaar het as die Demokratiese Republiek van Georgië. Armenië en Azerbeidjan het twee dae later, op 28 Mei 1918, ook hul onafhanklikheid verklaar as die Demokratiese Republiek van Armenië en die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan onderskeidelik.

Demokratiese Republiek van Armenië Nadat onafhanklikheid verkry is, het die Demokratiese Republiek van Armenië die moderne driekleur aanvaar. Met Stepan Malkhasyants se verskyning in die Nasionale Vergadering het die onafhanklike Armeense regering op die kleure besluit wat gedurende die laaste tydperk van die Rubenid-dinastie gebruik is. ’n Vroeëre prototipe, wat uiteindelik verwerp is, was ’n reënboogvlag. Hierdie prototipe kan by die Martiros Saryan Huismuseum in Jerewan gesien word. Daar is besluit om die geel met oranje te vervang “omdat dit beter met die ander twee kleure geskakel het en ’n meer bevredigende samestelling gebied.” Die vlag van Armenië het toe ’n verhouding van 2:3 gehad. Op 24 Augustus, toe die Armeense Opperste Sowjet hierdie vlag aanvaar het as die vlag van die Republiek Armenië, is die verhouding na 1:2 verander.

Transkaukasiese Sosialistiese Federatiewe Sowjetrepubliek Op 29 November 1920 het die Bolsjewiste die Armeense SSR gestig. ’n Nuwe vlag is aanvaar en in die grondwet vasgelê wat op 22 Februarie 1922 goedgekeur is deur die Eerste Sowjetkongres van die Armeense SSR. Daardie vlag het slegs vir ’n maand bestaan want op 12 Maart het die Armeense SSR met die Georgiese SSR en die Azerbeidjanse SSR saamgesmelt om die Transkaukasiese SFSR tot stand te bring. Op 30 Desember 1922 het die Transkaukasiese SFSR een van die vier Sowjetrepublieke geword wat saamgesmelt het om die Sowjetunie te vorm. Die vlag van die republiek het ’n hamer en sekel in ’n ster gehad met die letters “ЗСФСР” (ZSFSR) in Russies daarop. Hierdie letters staan vir Закавказская Советская Федеративная Социалистическая Республика (Zakawkazskaja Sowjetskaja Federatiwnaja Sotsalistitsjeskaja Respoeblika, “Transkaukasiese Sosialistiese Federatiewe Sowjetrepubliek”). In 1936 het die TSFSR ontbind in sy drie samestellende gebiede, onderskeidelik die Georgiese, Armeense en Azerbeidjanse SSR’e.

Armeense SSR

As ’n republiek van die USSR is die Armeense SSr se vlag in 1936 aanvaar. Dit is baie soortgelyk aan die vlag van die Sowjetunie in dat dit ’n rooi vlag was met ’n hamer en sekel in die skildhoek. Daaronder het gestaan “H-Kh-S-H” in Armeense skrif. Hierdie letters, in Wes-Armeens, staan vir “Haygagan Khorhurtayin Sodzialistakan Hanrabedutyun,” of die “Armeense Sosialistiese Sowjetrepubliek.” In die 1940’s is die vlag aangepas om die Oos-Armeens wat in die Republiek gepraat is, te akkommodeer. Die letters is verander na “H-S-S-R” vir “Hayastani Sovetakan Sotsialistikakan Respublika” in die Oos-Armeense uitspraak. In 1952 is ’n nuwe vlag bekendgestel. Die letters is geheel en al verwyder en ’n horisontale blou baan is in die middel aangebring.

Laat in Mei 1988, te midde van groeiende nasionalistiese spanning, het die nuwe leier van Armenië se kommunistiese party die vertoon van die verbande driekleur van die DRA in Jerewan toegestaan vir die eerste maal in sestig jaar. ’n Jaar later, na die massabetoging vir Nagorno-Karabach waar die driekleur vertoon is, het hy amptelike erkenning daarvoor versoek. Op 24 Augustus 1990 is amptelike erkenning aan die vlag gegee, ’n dag nadat die Armeense Opperste Sowjet die republiek se soewereiniteit verklaar het en die land hernoem is na die Republiek Armenië. Op daardie tydstip het Armenië net meer as ’n jaar van tevore sy formele onafhanklikheid van die USSR verklaar en die driekleur het die vlag van 1952 vervang.

Vorige vlae

Simboliek Die kleure is gereeld verskillende betekenisse toegedig. Die rooi het byvoorbeeld vir die bloedvergieting deur die Armeense soldate in oorlog voorgestel, die blou het die Armeense lug voorgestel en die oranje die moed van die land.

Die amptelike definisie van die kleure, soos vasgestel deur die Grondwet van die Republiek Armenië is:

Die rooi stel die Armeense Hoogland, die Armeense volk se volgehoue stryd om oorlewing, die onderhouding van die Christelike geloof en Armenië se onafhanklikheid en vryheid voor. Die blou stel die wil van die Armeense volk om onder die vreedsame lug te woon. Die oranje stel die kreatiewe talent en hardwerkende aard van die Armeense volk voor.

Ontwerp Die Armeense vlag het die volgende tegniese ontwerp:

350px|senter|Konstruksietekening

Kleure In 2012 het die Armeense Nasionale Instituut vir Standaarde (SARM) spesifikasies vir die samestelling en kleure van die nasionale vlag uitgereik:

KleurskemaRooiBlouOranje RGB-kleursisteem 217-0-18 0-51-160 242-168-0 CMYK 0-100-100-0 100-80-0-0 0-35-100-0 Heksadesimaal D90012 0033A0 F2A800 Pantone 485 286 1235

Gebruik duimnael|Vlag van Armenië by die ambassade in Washington, D.C. duimnael|Die Armeense vlag vorm die basis van die livrei van Armavia, hier gesien op een van die redery se Soechoi Superjets. Die wetgewing van 2006 oor die Nasionale Vlag van Armenië vereis dat die vlag op die volgende openbare geboue gehys moet word: Woonhuis van die President Parlement Regering Grondwethof Kantoor van die Openbare Beskermer Sentrale Bank van Armenië Ander regeringsgeboue

Die wet vereis ook dat die vlag halfstok moet hang op dae wanneer daar gerou word of gedurende roudienste. ’n Swart lint moet dan bo-aan die vlagpaal geplaas word; die lengte van die lint moet gelyk wees aan die lengte van die vlag. Die wapperende vlag moet in sy geheel, skoon en onverwelk gehys word; verder moet die onderste gedeelte van die vlag ten minste 2,5 meter van die grond af wees.

Nasionale vlagdae Die dag van die Nasionale vlag van Armenië word jaarliks op 15 Junie gevier. Die dag is gekies omrede die Armeense wet oor die Nasionale Vlag van Armenië op 15 Junie 2006 goedgekeur is. Die dag van die Armeense driekleur is vir die eerste keer op 15 Junie 2010 in Jerewan gevier.

Die daaglikse vertoon van die Armeense vlag word aangemoedig maar slegs wetlik vereis op die volgende dae:

1 en 2 Januarie – Nuwejaar 6 Januarie – Kersfees 8 Maart – Internasionale Vrouedag 7 April – Dag van Moederskap en Skoonheid 1 Mei – International Werkersdag 9 Mei – Dag van Oorwinning en Vrede 28 Mei – Eerste Armeense Republiekdag, 1918 5 Julie – Grondwetdag, 1995 21 September – Onafhanklikheidsdag, 1991 7 Desember – Gedenkdag vir die Spitak-aardbewing, 1988

Invloed Die nasionale vlag word genoem in die “Mer Hayrenik”, die volksied van Armenië. Die tweede en derde strofes verwys spesifiek na die skepping van die nasionale vlag:

Die Mer Hayrenik<center>Մեր Հայրենիք, ազատ անկախ,Որ ապրել է դարէ դարՅուր որդիքը արդ կանչում ենԱզատ, անկախ Հայաստան։Ահա եղբայր քեզ մի դրոշ,Որ իմ ձեռքով գործեցիԳիշերները ես քուն չեղա,Արտասուքով լվացի։Նայիր նրան՝ երեք գույնով,Նվիրական մեր նշանԹող փողփողի թշնամու դեմԹող միշտ պանծա Հայաստան։Ամենայն տեղ մահը մի էՄարդ մի անգամ պիտ մեռնի,Բայց երանի՝ որ յուր ազգիԱզատության կզոհվի։ Vertaling: Armeense Volkslied<center>Ons Vaderland, vry en onafhanklikWat vir eeue reeds bestaan,Roep nou haar seuns opna die vrye, onafhanklike ArmeniëHier is vir jou ’n vlag, my broer,wat ek genaai hetdeur die slapelose nagte,en gebad het in my bloed.!Kyk daarna, driekleurig,Vir ons ’n waardevolle simbool.Laat dit teen die vyand uitstraalDat u, Armenië, vir ewig heerlik is.Dood is orals dieselfde,’n Man sterf maar een keer,Geseënd is hy wat sterfVir die vryheid van sy nasie.

Vlag van Artsach

Op 2 Junie 1992 het die voormalige, selfverklaarde Republiek Artsach, ’n de facto onafhanklike republiek in Suid-Kaukasië wat in 2023 deur Azerbeidjan verower is, ’n vlag aangeneem wat afgelei is van die vlag van Armenië met ’n wit patroon op die wapperkant toegevoeg. ’n Wit sigsagstyl chevron wat op die verste punt van die wapperkant begin en in die middel van die blou baan bymekaar kom. Die chevron is een derde van die lengte van die vlag lank. Die wit patroon stel die voormalige afsondering van Artsach (Nagorno-Karabakh) van Armenië en hul aspirasie vir uiteindelike unifikasie met “die Moederland” voor. Dit stel die Armeense erfenis, kultuur en populasie van die omgewing voor. Dit stel ook Nagorno-Karabakh voor as ’n afgesonderde gebied van Armenië deur die driehoekige vorm en die sigsag wat deur die vlag sny. Die patroon is ook soortgelyk aan die ontwerp wat op matte gebruik word. Die vlag se hoogte-breedteverhouding is 1:2, dieselfde as die Armeense driekleur.

Ander vlae Historiese vlae

Vlag van die Pan-Armeense Spele