Die Donkerlewerik (Pinarocorys nigricans) is 'n redelike algemene inter-Afrika-trekvoël wat in boomveld in Sentraal-Afrika broei. Hulle kom dikwels op oop plekke met gras in boomveld en savanne voor. Die voël is 19 – 20 cm groot en weeg 30 - 46 gram. In Engels staan die voël bekend as die Dusky lark.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Lewerike