__NOTOC__

Die rooikoplewerik (Calandrella cinerea) is 'n algemene standvoël, plaaslike nomade en intra-Afrika-trekvoël op kort grasveld en landerye. Hulle kom dikwels in swerms voor. Die voël is 14 tot 15 cm groot en weeg 20 tot 26 gram. In Engels staan dit as die red-capped lark bekend.

Subspesies C. c. cinerea – hele Suid-Afrika en aanliggende Namibië, Botswana, Zimbabwe, Lesotho en Eswatini C. c. saturatior – Uganda en westelike Kenia suidwaarts na die boomveld van Zambië, Angola, Kaprivistrook en omgewing van Okavangodelta C. c. williamsi – sentraal-Kenia en noordelike Tanzanië C. c. rufipecta – endemies tot die Josplato van sentraal-Nigerië C. c. spleniata – suidelike en kuslangse Angola tot sentrale dele van Namibië

Gedrag en ekologie Voortplanting Die rooikoplewerik broei enige tyd van die jaar, maar hoofsaaklik van September tot Desember. Die nes word hoofsaaklik deur die wyfie gebou en word binne 4 tot 5 dae voltooi. Die nes is 'n oop koppie wat gewoonlik in 'n holte digby 'n graspol, klip of miershoop geplaas word. Die nes word met fyn gras en haarwortels uitgevoer. Die eiers word met dagintervalle gelê. Die legsel van 2 tot 3 eiers word deur die wyfie geïnkubeer terwyl sy deur die mannetjie gevoed word. Die eiers broei na 12 tot 15 gelyktydig uit. Die kuikens word oor 'n periode van 9 tot 18 dae deur albei ouers gevoed en versorg.

Voeding en voedsel Om voedsel te vind fynkam die rooikoplewerik ontblote areas tussen yl gras of areas met baie kort gras. Hier beweeg dit dan met kort draffies om sade en insekte op te pik. Dit word soms in swerms van honderde voëls aangetref.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Lewerike