Die Gryskopspeg (Dendropicos griseocephalus) is 'n algemene standvoël in digte boomveld en woud; dikwels in klein woudkolle en naby woudrande. Die voël is 17 – 19 cm groot en weeg 40 - 50 gram. In Engels staan die voël bekend as die Olive Woodpecker.
Verspreiding en leefgebied Hierdie voëls kom in suidelike en suid-sentraal Afrika voor en het 3 subspesies: Dendropicos griseocephalus ruwenzori: van Angola tot sentraal Tanzanië suidelik tot Zimbabwe en Namibië. Dendropicos griseocephalus kilimensis: noordelike en oostelike Tanzanië. Dendropicos griseocephalus griseocephalus: van suidelike Mosambiek tot Suid-Afrika.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Spegte