Die Damarasterretjie (Sternula balaenarum) is 'n voëlspesie van Suider-Afrika wat leef by vlak beskutte kuslyne, baaie en strandmere; meestal aan die Wes- en Suidkus. As broeier is dit amper endemies aan die streek. Die meeste trek egter gedurende die winter na Wes-Afrika, maar sommige oorwinter wel. Die streekbevolking is sowat 7 000 pare en hul status is amper bedreigd. Die voël is 21 – 23 cm lank en 46 tot 60 g in gewig met 'n vlerkspan van 50 cm. In Engels staan dit as die Damara tern bekend.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Sterretjies