Griete (Limosa) is 'n genus van voëls in die familie van strandlopers en snippe (Scolopacidae). Die genus omvat 4 spesies.Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). Voëls in die genus het lang bene en groot, lang snawels waarmee hulle diep in die sand na akwatiese wurms en weekdiere kan soek.

Alhoewel dit nie meer algemeen is nie was griete op 'n tyd 'n bekende Britse gereg gewees. Sir Thomas Browne se skrywes uit die sewentiende eeu maak die opmerking dat griet die lekkerste dis in Engeland was.

Spesies Limosa fedoa Limosa haemastica - Hudsonbaaigriet Limosa lapponica - Bandstertgriet Limosa limosa - Swartstertgriet

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings