Die bergpatrys (Scleroptila africanus) is 'n endemiese, algemene standvoël en kom slegs in die Wes- en Oos-Kaap-berge en Drakensberg voor. Die voël is 30 – 33 cm groot en weeg 370 - 520 gram en kom in groepe van 3 - 8 voor. In Engels staan die voël bekend as grey-winged francolin.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kwartels, patryse en fisante