Die Dickinsonse grysvalk (Falco dickinsoni) is 'n skaars standvoël wat voorkom in noordelike Suider-Afrika. Hulle leef gewoonlik in lae geleë tropiese savanne, veral waar Kremetarte en hoë palms volop is. Die voël is 28 – 30 cm groot en weeg 170 - 240 gram. In Engels staan die voël bekend as Dickinson's Kestrel.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Eksterne skakel http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=CA34C05A35728140

Kategorie:Valke