Die Europese stormswael (Hydrobates pelagicus) is 'n stormswael en 'n algemene besoeker aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 14 – 18 cm groot en weeg 23 - 31 g met 'n vlerkspan van 36 - 39 sentimeter. Daar broei 500,000 pare in die noordoostelike Atlantiese Oseaan. In Engels staan die voël bekend as European storm-petrel.
Die voël is die enigste spesie in die genus Hydrobates.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Stormvoëltjies