Die Grysrugstormswael (Garrodia nereis) is 'n stormswael en 'n seldsame besoeker aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 15 – 18 cm groot en weeg 26 - 34 g met 'n vlerkspan van 36 - 40 sentimeter. Daar broei 50,000 pare in die subantarktiese eilande. In Engels staan die voël bekend as Grey-backed storm-petrel. Die voël is nog net twee keer in Suid-Afrika opgeteken.

Die voël is die enigste spesie in die genus Garrodia‎.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëltjies