Die Swinhoestormswael (Oceanodroma monorhis) is 'n stormswael en 'n seldsame besoeker aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 20 cm groot en weeg 38 - 40 g met 'n vlerkspan van 44 - 48 sentimeter. Die voël broei op noordwestelike Stille Oseaan-eilande. In Engels staan die voël bekend as Swinhoe's storm-petrel. Die voël is nog net 1 keer opgeteken in Suid-Afrika.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëltjies