duimnael|regs|200px|Paul Kruger
Kruger Millions-Miljoenehttps://www.imdb.com/title/tt2017721/ is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1967 vrygestel is. Ivan Hall was die regisseur. Die storie is deur Jan Perold en Fanus Rautenbach geskryf.
Genre Die rolprent is ’n aksiebelaaide oorlogsdrama en musiekblyspele. Dit het 'n OL-ouderdomsperk (ouerleiding) vir geweld.
Akteurs Die hoofspelers is: Leon le Roux as Chris Botha Brenda Bell as Joan Gray Helga van Wyk as Dinah (Parker se dogter) Carel Trichardt as Ben Burghers Bob Courtney as Majoor Turner Dirk de Villiers Gerald Bellamy as Parker James White as O'Grandy Michael du Preez James Norval George Moore as militêre dokter Gé Korsten as Du Toit, die singende Bolandse rebel (sy rolprentdebuut)
Storielyn Die rolprent is 'n historiese drama wat oor die lot van die vermiste Kruger-miljoene spekuleer.http://www.bronberger.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=2735:stories-rondom-verlore-kruger-miljoene-wil-nie-gaan-le-nie&catid=50:toeka-se-dae&Itemid=76 Dit speel in die middel van die Anglo-Boereoorlog in die jaar 1900 in Suid-Afrika af. Boere-president Paul Kruger het geld nodig om ammunisie te koop, maar die enigste internasionaal aanvaarde geldeenheid is goue munte. Kruger gee sy mees betroubare soldate, die Kavaliers, 30 dae om 'n groot hoeveelheid goudstawe in munte te slaan. Die Kavalierleier, Chris Botha, stel die plan in werking, maar die geheime aktiwiteit trek gou aandag van die Britte, sowel as 'n mynkaptein se jong dogter, wat op Botha verlief raak. Hy het egter sy hart op 'n Engelse verpleegster. Teen die tyd wat die munte geslaan is, kan die Kavaliers nie ontsnap nie omdat hulle deur duisende Britse troepe omring is. Die twee vroue en die muntmeester, Ben, slaag daarin om die situasie op merkwaardige wyse te beredder.
Sien ook Kruger-miljoene Lys van Afrikaanse rolprente
Verwysings
Eksterne skakels
IMDB
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Aksierolprente Kategorie:Musiekrolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente