Leon le Roux was 'n Suid-Afrikaanse akteur en model. As gevolg van sy sterk manlike gesig is hy gereeld vir advertensies en foto-storieboeke gebruik. Hy maak sy rolprentdebuut in 1965 in die Afrikaanse rolprent Debbie. Teen dié tyd kon hy kwalik Afrikaans praat en moes sy Engelse aksent deur die van 'n stemkunstenaar vervang word. Sy Afrikaans het egter later so verbeter dat hy respek van sy portuurgroep in die rolprentbedryf kon afdwing.

Filmografie Die Saboteurs, 1974 Kruger Miljoene, 1967 as Chris Botha Kavaliers, 1966 Debbie, 1965 as Paul Hugo

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Sterftes in 2014