Die pynappel (Ananas comosus) is 'n tropiese plant met sappige, eetbare, saamgestelde vrugte en ekonomies die belangrikste plant in die Bromeliaceae familie.

Pynappels word gekweek van 'n kroonsnysel van die vrug, wat gewoonlik blom in 20–24 maande en dan vrugte vorm binne die volgende ses maande. Die vrugte word nie juis ryper ná dit ge-oes is nie.

Pynappels word vars geëet, gekook, versap en ingelê; dit is 'n bestanddeel van 'n verskeidenheid geregte. Benewens verbruik as voedsel, word die pynappelblare (pynappelvesel) in die Filippyne gebruik om tekstielvesel te lewer, wat in muurpapier en ander behangsels gevind word.piña cloth – definition of piña cloth by the Free Online Dictionary, Thesaurus and Encyclopedia. Thefreedictionary.com. Besoek op 2 Oktober 2011. Dit kan ook 'n huisplant wees.

Bemarking

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Eensaadlobbige plante Kategorie:Huisplante Kategorie:Medisinale plante Kategorie:Tropiese vrugte