Die bloukwartel (Coturnix adansonii) is 'n seldsame standvoël wat in slegs drie dele van Suider-Afrika voorkom: sentraal-Zimbabwe, die kus en binneland in sentraal-Mosambiek en die noordkus van KwaZulu-Natal. Die voël is 12 – 14 cm groot en weeg 40 - 50 gram.
Roep en sang: 'n Hoë tee-ti-ti. Die voëls leef nomadies in vogtige en oorstroomde grasvelde.
In Engels staan die voël bekend as die Blue quail.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Kwartels, patryse en fisante