Die USS Atlanta was 'n kruiser van die Amerikaanse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit was 'n nuwe geslag kruiser met die hoofdoel om op te tree in 'n lugafweerkapasiteit; 'n skip ontwerp om beskerming aan vlote te kan verskaf. Vir die rol was hy slegs toegerus met sestien 5-duim meerdoelige kanonne en agt 21-duim torpedobuise. Atlanta het 6 000 ton water verplaas en is tydens die Slag van Guadalcanal in 1942 gekelder.

Bron The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975.

Kategorie:Skepe betrokke in Tweede Wêreldoorlog