Jason Jaftha (* 4 Mei 1985) is ’n rugbyskeidsregter wat verbonde was aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Hy was op SARU se nasionale paneel en kom van die Suid-Kaap (SWD-unie) waar hy aan die Hoërskool Zwartberg skoolgegaan het. Jaftha het sy eerste internasionale wedstryd op 14 November 2012 geblaas in ’n wedstryd tussen Zimbabwe en Spanje.
Teen die einde van 2015 is hy, weens sy beseringsrekord, van die Skeidsregtersvereniging se Elitepaneel na hul Nasionale Paneel afgegradeer, en geheel-en-al van die skeidsregterspaneel verwyder vir 2017.
Kollegas Quinton Immelman Craig Joubert Marius Jonker Stuart Berry Jaco Peyper Rasta Rasivhenge Lourens van der Merwe Pro Legoete
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregters Kategorie:Geboortes in 1985 Kategorie:Lewende mense