Craig Joubert (gebore op 8 November 1977 in Durban, Suid-Afrika), is 'n voltydse internasionale rugbyskeidsregter.
Biografie Joubert matrikuleer aan die Maritzburg Kollege en studeer in besigheidsfinansies by die Universiteit van Natal.Craig Joubert | Rugby Union | Players and Officials | ESPN Scrum Hy werk in korporatiewe bankwese, 'n professie wat hy vir vyf jaar beoefen, voordat hy 'n voltydse skeidsregter word.
Loopbaan as skeidsregter Craig Joubert begin reeds in sy jeugjare as skeidsregter op aandrang van sy pa, Des Joubert. Hy maak sy eerste-divisie debuut in 1991 en word aangestel op Suid-Afrika se nasionale skeidsregterspaneel in 1993.
In 2003 maak hy sy internasionale debuut in 'n wedstryd tussen Namibië en Uganda in Windhoek.
In 2010 beheer hy die Super 14-eindstryd tussen die Bulls en die Stormers.
Hy blaas ook gereeld in die plaaslike Suid-Afrikaanse premiertoernooi, die Curriebeker.
Op 23 Oktober 2011 val sy grootste eer hom te beurt deur te blaas in die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2011 tussen die All Blacks en die Franse Hane in Nieu-Seeland.
Kollegas Marius Jonker Lourens van der Merwe Stuart Berry Jason Jaftha Jaco Peyper Rasta Rasivhenge Pro Legoete
Verwysings
Eksterne skakels
ESPN Profiel
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregters Kategorie:Geboortes in 1977 Kategorie:Lewende mense