Jonathan Isaac Kaplan (gebore op 7 November 1966 in Durban, Suid-Afrika), is 'n voormalige internasionale rugbyskeidsregter en hou die wêreldrekord vir die meeste internasionale rugbywedstryde as skeidsregter.

Kaplan begin as skeidsregter in 1984, terwyl hy nog 'n hoërskoolstudent is. Hy maak sy eersterangse debuut in 1991 en word in 1993 aangestel op Suid-Afrika se nasionale skeidsregterspaneel. Op 4 Mei 1996 maak hy sy internasionale debuut in 'n wedstryd tussen Namibië en Zimbabwe in Harare.

In Oktober 2009 blaas hy vir die vyfde keer in die eindstryd van Suid-Afrika se premiertoernooi, die Curriebeker.

Kaplan kondig op 12 Februarie 2013 sy uittrede aan as rugbyskeidsregter, aan die einde van die 2013-seisoen.

Rekords Kaplan hou verskeie rekords as internasionale en Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter. Hy het 68 toetse beheer — wat 'n wêreldrekord is — sy 13 Wêreldbeker-toetse en sy vier Wêreldbeker-toernooie – 1999, 2003, 2007, 2011 – as wedstrydbeampte is wêreldrekords en sy 107 Superwedstryde hou die rekord, wat die eindstryde van 2005, 2006 en 2009 insluit. Die 161 Absa Curriebekerwedstryde wat hy geblaas het is ook ’n rekord, sowel as sy 422 eersterangse wedstryde.

Oud-kollegas Craig Joubert Marius Jonker Jason Jaftha Rasta Rasivhenge Lourens van der Merwe Stuart Berry

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregters Kategorie:Geboortes in 1966 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode