duimnael|regs|'n HAT met Odendal se van op die rugkant.

Prof. Francois Frederik Odendal (1926–2013) was 'n Afrikaanse taalkundige en leksikograaf. Hy was die eerste hoogleraar in Afrikaanse taalkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit en was van 1971 tot 2005 die hoofredakteur van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT).Biografie op stellenboschwriters.com, besoek op 11 April 2013

Odendal was dekades lank 'n lid, en later ook die voorsitter, van die Taalkommissie, die liggaam wat verantwoordelik is vir die opstel van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. In 1984 het die Taalkommissie onder sy voorsitterskap die vertalende Lys van klassieke eiename gepubliseer.

Hy het ook 25 jaar lank op die destydse komitee vir taaladvies van die SAUK gedien, waar hy 'n bydrae tot onder meer nuutskeppings gelewer het. Die C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap is in 1985 aan hom toegeken.

Odendal is op Saterdag 6 April 2013 in Kaapstad oorlede.Afrikaans verloor 'n groot gees , PRAAG, 10 April 2013

Bibliografie Van sy publikasies sluit in: Die struktuur van die Afrikaanse wortelmorfeem, HAUM, 1962 Taal as sisteem, RAU, 1969 Aspekte van taal, Nasou, 1973 Keurige Afrikaans (mede-outeur), Nasou, 1986 Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) (tweede en derde uitgawes), Perskor, 1979 en 1994. Kort taalkundige reis deur N. P. van Wyk Louw, RAU, 1987 Afrikaans op sy beste (mede-outeur: A.F. Prinsloo), Van Schaik, 1995 Kernwoordeboek, Maskew Miller Longman, 2000 Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) (Mede-outeur: R. H. Gouws), vierde uitgawe, Maskew Miller Longman, 2000 HAT Verklarende woordeboek (mede-outeur: R. H. Gouws), Pearson, 2005

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 2013 Kategorie:Suid-Afrikaanse taalkundiges Kategorie:Afrikaners Kategorie:Leksikografie