duimnael|links|Rustige water teen sonop - die massavragskip MV American Integrity nader Duluth-hawe duimnael|links|Kus van die Bowemeer by Neys Provincial Park, Ontario duimnael|links|Gedurende strawwe winters is hawens langs die Bowemeer dikwels toegeys. Ysbrekers van die Amerikaanse en Kanadese kuswag breek deur die ys om toegang vir vragskepe te verseker duimnael|links|'n Bitterkoue winteroggend in Duluth, Minnesota. Die meerwater is warmer as die lug sodat «seerook» (sea smoke) opstyg en die vuurtorings omhul duimnael|links|Mineraalryke sypelwater gee 'n kleurryke voorkoms aan rotswande langs die kus wat plasslik as pictured rocks bekend staan duimnael|links|Natuurwonders in die nasionale park Apostle Islands National Lakeshore naby Bayfield, Wisconsin: Die Bowemeer se golwe erodeer sandsteenformasies oos van Meyer's Beach en skep unieke grotte. As die yslaag op die meer stabiel genoeg is, mag toeriste 'n staptoer na die grotte onderneem duimnael|links|Aurora Borealis (ook noorder- of poollig genoem), soos gesien vanuit die suidoewer duimnael|links|'n Protoneboog oor die Bowemeer Bowemeer (Engels: Lake Superior, Frans: Lac Supérieur) is die grootste van die Groot Mere in Noord-Amerika op die grens tussen Kanada en die VSA. Dit is ook die grootste varswatermeer ter wêreld volgens oppervlakte en die derde grootste volgens watervolume.Live Science: Lake Superior: Facts About the Greatest Great Lake. Besoek op 6 Nopvember 2019 Die meer beslaan 'n oppervlakte van 82 100 km² met 'n volume van 12 000 km³. Dit grens in die noorde aan die Kanadese provinsie Ontario, in die weste aan die Amerikaanse deelstaat Minnesota en in die suide aan Wisconsin en die Upper Peninsula van die deelstaat Michigan.
Die meer is 560 km lank en 260 km breed met 'n oppervlakte wat 183 m bo seevlak is. Die kuslyn van die meer is 2 783 km lank. Die Sint Marysrivier verbind die meer met die Huronmeer. Daar is kanale gebou by Sault Ste Marie om die natuurlike versnellings in die rivier te vermy. Die meer ys vanaf Desember tot April toe. Die Bowemeer staan bekend vir sy wisselvallige weerstoestande - met mis en newelbanke, hewige storms en golwe wat vyf meter hoog kan wees. Gedurende die meester winters is tussen 40 en 95 persent van die meer se oppervlakte toegeys.
Talle skeepswrakke getuig van die gevare wat die meer vir seevervoer inhou - en ingang gevind het tot die popmusiek. Die Kanadese sanger en liedjieskrywer Gordon Lightfoot herinner met sy treffer The Wreck of the Edmund Fitzgerald aan die Amerikaanse massavragskip SS Edmund Fitzgerald wat op 10 November 1975 met 'n bemanning van 29 in die Bowemeer vergaan het.Universiteit van Wisconsin: The sinking of the SS Edmund Fitzgerald - November 10, 1975. Besoek op 6 November 2019
Franse ontdekkers het die meer Lac Supérieur genoem omdat dit die hoogste meer van die Grote Mere is (asook hul mees noordelike en westelike en hul diepste - met maksimaal 405 m). Kusgebiede langs die Bowemeer in Ontario, Minnesota, Wisconsin en Michigan is ryk aan delfstowwe. Koper, yster, silwer, goud en nikkel word hier ontgin. Talle van die nedersettings is (ou) myndorpe, of was by die vervoer van erts betrokke. As gevolg van die natuurskoon is toerisme die gebied se tweede grootste inkomstebron.
Die meer word deur meer as 200 riviere gevoed, waarvan die grootste die Nipigon, die St. Louis, die Pigeon, die Pic River, die White, die Michipicoten en die Kaministiquia is. Bowemeer mond via die St. Marys in die Huronmeer uit. Die grootste eiland is Isle Royale.
Dit is die verste punt van die Sint-Laurenswaterweg, 'n stelsel van kanale en sluise wat tot by die Atlantiese Oseaan strek en vir groot skepe geskik is. Die meer is deel van 'n belangrike vervoerroete vir ertse en ander mynbouprodukte.
Nedersettings aan die oewer van die meer Duluth, MN Marquette, MI Sault Ste. Marie, MI Sault Ste. Marie, ON Superior, WI Thunder Bay, ON
Verwysings
Eksterne skakels Commons
Algemene inligting
Lake Superior Magazine University of Missouri Kansas City (UMKC) School of Law: Lake Superior - Sources for the Greatest Lake Toerisme
Northern Ontario Travel: Top 10 Facts About Lake Superior North Shore Visitor: Lake Superior Nasionale parke
National Parks of Lake Superior Foundation Klimaatsverandering en omgewingsake
MinnPost, 11 Januarie 2019: What the climate’s ‘new normal’ is doing to Lake Superior Media
YouTube.com: Duluth Harbor Cam - Lake Superior Gales. 'n Magtige Noreaster-storm waai met 65 mph YouTube.com: Lake Superior's Gales of October YouTube.com: Lake Suprior - dokumentêr (72 min)
Kategorie:Mere in Kanada Kategorie:Mere in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Michigan Kategorie:Minnesota Kategorie:Ontario Kategorie:Wisconsin