duimnael|regs|300px|Die R44-pad aan die Kogelberg-kuslyn Kogelberg-natuurreservaat, 3000 ha groot, is 'n belangrike natuurreservaat bevattende die Kogelbergreeks, oos van Kaapstad in Suid-Afrika.

Die gebied bevat 'n plantkundige verskeidenheid van meer as 1 600 verskillende spesies, wat moeilik elders in die wêreld oortref kan word.

Bergfynbos en valleibos word hier bewaar, onder andere spesies van erikas, sewejaartjies asook sekere proteas.

Reën kom gewoonlik in die winter in die gebied voor. Die middel van die somer is die droogste tyd wanneer daar warm bergwinde kan waai.

Bronnelys Kogelberg word kern van biosfeerreservaat. In: Conserva. Departement van Omgewingsake. Deel6, nr. 6, November/Desember 1991. ISSN 0258-3313

Verwysings

Kategorie:Natuurreservate in die Wes-Kaap