Tau Ceti (τ Cet, τ Ceti) is ’n ster in die sterrebeeld Walvis (Cetus) met ’n klassifikasie soortgelyk aan dié van die Son, hoewel sy massa net 78% van die Son s’n is. Op ’n afstand van net onder 12 ligjare van die Sonnestelsel af is dit een van die naaste sterre en die naaste enkele klas G-tipe hoofreeksster. (Alpha Centauri A is nader, maar lid van ’n veelvoudige stelsel.)

Tau Ceti is arm aan metale, wat gewoonlik daarop dui dat daar geen groot eksoplanete en min rotsagtige planete naby is. Waarnemings dui egter daarop dat daar meer as 10 keer soveel ruimtestof om die ster is as om die Son. Sedert Desember 2012 is daar bewyse gevind van vyf moontlike planete wat om Tau Ceti wentel, waarvan een dalk in die bewoonbare sone kan wees."Tau Ceti's planets nearest around single, Sun-like star", BBC News, 19 Desember 2012 Weens die baie stof om die ster is die moontlikheid dat ’n planeet deur ander voorwerpe getref kan word, baie groter as met die Aarde, maar vanweë die Son-eienskappe van die ster is daar groot belangstelling daarin. Dit word dikwels genoem as ’n moontlike teiken in die soektog na lewe in die ruimte.

Die ster kan met die blote oog van die Aarde af gesien word as ’n ster van die derde magnitude. Dit het ’n radiale snelheid van -17 km/s, wat beteken dit beweeg teen 17 km/s in die rigting van die Son.

Sien ook Lys van naaste sterre

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Walvis (sterrebeeld) Kategorie:G-tipe hoofreekssterre