318px|duimnael|regs|Voorbeeld van 'n kwartierherhaling. Die De Witt-egpaar, heel onder, deel dieselfde voorouers: Johannes Klopper en Gertruida Roelofse. Terselfdertyd is hierdie stamboom 'n voorbeeld van kwartierverlies: daar is minder "blokke" (kwartiere) wat getrek hoef te word. Christiaan Petrus de Witt is hier getroud met sy kleinniggie, Johanna Sophia Smith, wat beteken dat 'n hele "geslag" ouers nie bestaan het nie; terselfdertyd is dit ook onnodig om weer Johannes Klopper en Gertruida Roelofse in te skryf (ook hier is daar minder kwartiere voor nodig). Kwartierverlies of kwartierherhaling of kwartierverdubbeling kan 'n verskynsel in die stamboomnavorsing wees wanneer 'n kwartierstaat opgetrek word. Kwartierverlies is die verskynsel waar dieselfde persoon meer as een keer op 'n kwartierstaat voorkom.

Begrip LombardLombard, R.T.J. 1984. Handleiding vir genealogiese navorsing in Suid-Afrika. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing / Instituut vir Geskiedskrywing; p. 108-109 skryf:

Die benaming kwartierverlies ontlok ook wel kritiek, omdat daar in die werklikheid geen sprake is van wérklike verlies van kwartiere (en sodoende ook voorouers) nie.Stamboom-leereenheid De ook wel gebruikte term ‘kwartierverlies’ is minder gelukkig, omdat van verlies van kwartieren (dus van voorouders) geen sprake is Selfs al is 'n voorouer ook N.N. (nomen nescio ('ek ken nie die naam nie') of nomen nominandum ('die naam moet nog genoem word')) en loop alle spore dood, het elke kind 'n biologiese vader en 'n biologiese moeder. By 'n kwartierstaat, waar 'n reeks blokke reeds vooraf getrek is (1 blok vir die eggo/proband; 2 blokke vir die ouers; 4 blokke vir die grootouers, ens.) sal dit steeds vereis dat die name wat oorvleuel twee- of meermaal neergeskryf moet word. Om tegniese redes word kwartierherhaling dikwels verkies.

Verwysing

Kategorie:Genealogie