duimnael|regs| Die lemoen is die vrug van die sitrusspesie Citrus × sinensis in die familie Rutaceae. Die vrug van Citrus sinensis word beskou as 'n soet lemoen, terwyl die vrug van Citrus aurantium beskou word as 'n bitter lemoen. Uit die lemoen is kruisings – soos pomelo (Citrus maxima) en die mandaryn (Citrus reticulata) – en vele ander saadlose onvrugbare variante word gekweek.

Dit het waarskynlik sy oorsprong in Suidoos-Asië, en lemoene is reeds so vroeg as 2500 v.C. in China verbou. Lemoene en ander sitrussoorte is na Europa verspreiWebber, Herbert John (1967–1989). Chapter I. History and Development of the Citrus Industry in The Citrus Industry, Vol. 1. Universiteit van Kalifornië en teen die middel van die 16de eeu het die Spanjaarde weer lemoene na die Amerikaanse vasteland geneem. duimnael|regs|160px|Lemoenkonfyt Lemoenbome is sedert 1987 die mees aangeplante vrugteboom ter wêreld.Morton, J., Fruits of Warm Climates (1987) Miami, Florida, pp. 134–142. Lemoenbome groei wydverspreid in tropiese en subtropiese klimaat en is gesog vir hul soet vrugte. As die lemoenvrug nie vars geëet word nie, word dit verwerk vir sap of die geurige skil word selfs benut.Citrus sinensis information from NPGS/GRIN . Ars-grin.gov. Verkry op 2011-10-02. Lemoene is tans verantwoordelik vir ongeveer 70% van sitrusproduksieOrganisms. Citrus Genome Database en in 2013 is meer as 71 miljoen ton lemoene wêreldwyd geproduseer. Lemoene is besonder volop in Brasilië en die Amerikaanse state van Kalifornië en Florida.

Top lemoenproduseerders(miljoen ton) 2005 2010 2013 2016 17.85 18.50 17.55 17.30 2.7 5.0 7.47 8.40 3.31 5.97 6.43 7.50 8.39 7.48 7.57 5.20 4.11 4.05 4.41 4.60 2.38 3.11 3.39 1.94 2.40 2.89 3.40 1.45 1.71 1.78 2.26 2.39 1.71 1.25 1.41 1.67 Wêreldtotaal 63.12 69.05 71.31 73.20

Lemoensap en ander produkte

Lemoene se smaak kan wissel van soet tot suur en word gewoonlik geskil en vars geëet of uitgedruk vir die sap. Die dik, bitter skil word gewoonlik weggegooi, maar kan deur uitdroging tot veevoer verwerk word, deur die aanwending van druk en hitte. Dit word ook gebruik in sekere resepte as 'n voedselaroma of garnering. Die buitenste laag van die skil kan fyn gerasper word. Gerasperde skil is gewild in die kookkuns, want dit bevat oliekliere en het 'n sterk geur soortgelyk aan dié van lemoenvlees. Die wit deel van die skil, insluitende die pit, is 'n bron van pektien en het byna dieselfde hoeveelheid vitamien C as die vlees.

Alhoewel dit nie so sappig of so lekker smaak as die vlees nie, is lemoenskille eetbaar en het 'n hoër inhoud van vitamien C en meer vesel. Veral in omgewings waar hulpbronne skaars is, en maksimum voedingswaarde dus verkry moet word met die minimum generering van afval, byvoorbeeld op 'n duikboot, word lemoenskille gereeld verbruik. Omdat groot konsentrasies van plaagdoders gewoonlik in lemoenskil voorkom, word aanbeveel dat slegs organiesgekweekte lemoene, waar chemiese plaagdoders en onkruiddoders nie gebruik word nie, geëet word.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Sitrus Kategorie:Persiese woorde en frases