Ds. Jan Hendrik Hofmeyr (Kaapstad, 3 Februarie 1835 tot Kaapstad, 25 Augustus 1908MyHeritage.com) was 'n vooraanstaande predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, eers op Murraysburg en daarna van 1867 tot 1908 in die NG gemeente Somerset-Oos. Die Kaapse Kerk het hom in 1897 die eerste keer as moderator gekies, toe hy dr. Andrew Murray, sy swaer, opgevolg het, en weer in 1903. In dié moeilike tyd voor, tydens en net ná die Anglo-Boereoorlog het hy waardig en taktvol in belang van sy volk en Kerk opgetree.

Hy was die vader van 12 kinders, van wie vyf predikant geword het, 'n kampvegter vir die onderwys en 'n sendingvriend. Daar word gesê die byna twee eeue oue Oos-Kaapse dorp Somerset-Oos het weliswaar in 'n groot mate sy kenmerkende waardigheid en goeie buurskap te danke aan die invloed wat al anderhalf eeu van die Gill-kollege uitgaan, maar dis veral ook aan die voortgesette invloed op die breë gemeenskap van die Hofmeyrs, wat die Ou Pastorie 'n driekwart eeu bewoon het, eers ds. Hofmeyr sr. en sy groot gesin en daarna sy seun John Murray, Die geskiedenis van die ou pastorie op Somerset-Oos-toerisme se webtuiste . URL besoek op 22 November 2014. wat sy vader as predikant in die gemeente Somerset-Oos opgevolg het.

Ds. Hofmeyr word beskryf as 'n hoogs gekultiveerde en opgevoede mens wie se kennis van Hebreeus en Bybelgeskiedenis aan hom hoë akademiese aansien in die Kerk verleen het,Smith, John (red.) 1974. Somerset-Oos-gedenkboek. 1825–1975. Somerset-Oos: Sentrale Feeskomitee. maar hy was terselfdertyd 'n praktiese man wat dit sy eerste taak op Somerset-Oos gemaak het om die bestaande kerkgebou te herbou. Dié Neogotiese meesterstuk, ontwerp deur die Duitse argitek Carl Otto Hager wat bykans 'n anderhalf eeu later nog altyd in gebruik is en waarin enkele klein aspekte van die eerste kerkgebou van 1833 behoue gebly het, is net vier jaar ná sy diensaanvaarding op Somerset ingewy.

Ook aan die bevordering van die kultuur en opvoeding in sy twee gemeentes en in die breër gemeenskap het ds. Hofmeyr baie tyd en aandag bestee. Op Murraysburg het hy 'n Instituut vir Hoër Onderwys opgerig en op Somerset het hy dekades lank in die Raad van Trustees van die Gill-kollege gedien. Die oprigting van die Bellevue-seminarie vir Meisies, as plaasvervanger vir die meisieskool wat deur sy voorganger, ds. John Pears, se vrou begin is, was hoofsaaklik aan ds. Hofmeyr se ywer te danke.

Selfs al was dit nie 'n gewilde saak by gemeentelede op Somerset en trouens in die Oostelike Provinsie nie, was ds. Hofmeyr en sy vrou albei ten nouste betrokke by die ondersteuning en aanmoediging van die buitelandse sending. Vyf van hulle sewe seuns het predikant geword, van wie drie geruime tyd in die sendingveld in Midde-Afrika gearbei het. Twee dogters, Margaretha en Isabella, was van die eerste vroue in Suid-Afrika wat gegradueer het.

Herkoms en opvoeding Jan Hendrik Hofmeyr is in Kaapstad gebore uit die een van die ou, gerespekteerde Kaapse families wat vandag nog op talle terreine in Suid-Afrika en oorsee uitblink, en op sy grootvader se landgoed Waterhof, in die teenswoordige buurt Oranjezicht,Google Maps, ingang na Waterhof in Hofstraat naby die Hoërskool Jan van Riebeeck, in wie se besit die Hofmeyr-eiendom Welgemeend in 1944 gekom het. Sy vader was 'n bekende bankier (of rekenmeester volgens 'n ander bronHofmeyr, W. Louw, Nico J., S.M.. George S. en Johannes W. (samestellers). 1987. Die Hofmeyrs: 'n Familiegeskiedenis. Lynnwoodrif en Bloemfontein: Die Samestellers.), Arend Hofmeyr, ook van Kaapstad, 'n kleinseun van die stamvader van hierdie familie wat omstreeks 1744 uit Ibbenburen in Pruise na Suid-Afrika gekom het. Sy moeder was Susanna Maria Louw, 'n suster van Adriaan Louw van die Paarl, skoonvader van prof. Nicolaas Hofmeyr, een van die eerste twee hoogleraars aan die Kweekskool op Stellenbosch toe dié inrigting in 1859 gestig is. Nicolaas Hofmeyr was getroud met Susanna Maria Louw se susterskind Maria Magdalena Louw (1834–1918), een van Adriaan Louw en Charlotte Louise se sewe dogters wat met bekende predikante getrou het.

Ds. J.H. Hofmeyr se neef Jan Hendrik Hofmeyr (1818–1893) was Onse Jan Hendrik Hofmeyr (1845–1909) se pa.

Hofmeyr het van jongs af die roeping ervaar om sy lewe aan die evangeliebediening te wy.Dreyer, eerw. A. 1924. Eeuwfeest-Album van de Nederduits Gereformeerde-Kerk in Zuid-Afrika 1824–1924. Kaapstad: Publikatie-kommissie van de Z.A. Bijbelvereniging. Sy eerste skoolonderwys ontvang die jong Jan Hendrik aan Tot Nut van 't Algemeen, 'n vooraanstaande Hollandse skool teen die middel van die 19de eeu in Kaapstad. Sy kleinneef, die latere prof. Hofmeyr, het ook daar skoolgegaan, benewens vele andere wat later belangrike betrekkings in die kerk en staat beklee het. As veertienjarige knaap is Jan Hendrik geplaas in die Suid-Afrikaanse Kollege, voorloper van die Universiteit van Kaapstad, waar hy Nederlands, Hebreeus en wiskunde studeer het, terwyl hy tegelykertyd onderrig in Latyn en Grieks ontvang het by dr. Abraham Faure wat, omdat hy vurig begeer het dat jong Afrikaners hulle aan die evangeliebediening moes wy, 'n deel van sy tyd afgestaan het om hul met hulle voorbereidende studie behulpsaam te wees.

Teologiese opleiding in Holland duimnael|links|200px|Jan Hendrik Hofmeyr, waarskynlik tydens sy studentedae of kort daarna. Die jong Hofmeyr het in Februarie 1853, nadat hy sy geloofsbelydenis in die Groote Kerk afgelê het, op agttienjarige ouderdom, en vergesel van twee mede-Afrikanerstudente, Charles Murray en I.G.J. Horak, na Europa vertrek en in Mei daardie jaar daar aangekom om aan die Universiteit van Utrecht teologie te studeer en as evangeliedienaar opgelei te word. Reeds in 1855 het hy kandidaat in teologie geword en die jaar daarna, tydens die lang vakansie, in geselskap van 'n boesemvriend en medestudent, die latere dr. J.J. Kotzé, in Amerika gaan reis, blykbaar iets wat geen Afrikanerpredikant nog tot in daardie stadium gedoen het nie.

Ná voltooiing van sy studie onder proff. Bouman, Vinke en Ter Haar is hy, nadat hy die gevorderde plegtige eed afgelê het en die vereiste verklaring en belofte plegtig afgelê en onderteken het, op 8 Oktober 1857 deur die Provinsiale Kerkbestuur van Utrecht tot die evangeliebediening toegelaat.

By sy vertrek uit Holland het dr. Nicolaas Beets (Hildebrand van die "Camera Obscura") die volgende vers in Hofmeyr se album geskryf: "Het Zuiden wenkt, het Noorden roept zijn afscheidsgroet u na. De vriendschap zucht, en roept nogthands ga, 's Heeren dienaar ga! Er is geen taak als d'uwe schoon, geen loon uw loon gelijk; Ga! Een en eeuwig is het werk van Zijn gezegend Rijk. Waar Hij Zijn dienaars zaam vergaart rondom den Troon der Eer. Daar Zien Zij Zich uit Noord en Zuid na korte scheiding weer."

Hierna het hy eers enkele maande in Skotland en Engeland deurgebring, vanwaar hy terugkeer na Holland om afskeid te neem en hom gereed te maak vir sy terugreis na sy vaderland.

Terug in Suid-Afrika Die volgende jaar het Hofmeyr in sy vaderland teruggekeer, waar hy in September 1858 aankom, in die geselskap van dr. J.J. Kotzé, wat eweneens predikant in Holland geword het, hoewel aan die Universiteit van Leiden. Die twee is op dieselfde dag, 15 September 1858, by die Aktuaris gelegitimeer en twee dae later het albei vir die eerste maal in die Groote Kerk opgetree, prop. Hofmeyr in die oggend en prop. Kotzé in die aand. Eersgenoemde se teks was 2 Kron. 20:12b ("Want in ons is geen kracht tegen deze grote menigte, die tegen ons komt, en wij weten niet, wat wij doen zullen; maar onze ogen zijn op U", Statebybel) en laasgenoemde s'n Matt. 16:26: "Want wat baat het een mens, zo hij de gehele wereld gewint, en lijdt schade zijner ziel? Of wat zal een mens geven, tot lossing van zijn ziel?" Statebybel. Dr. Kotzé was 'n neef van die latere welbekende liberale predikant op Darling wat met sy opvattings 'n beroering in kerklike kringe veroorsaak het, ds. J.J. Kotzé.

Op Murraysburg, sy eerste gemeente Nadat prop. Hofmeyr enkele maande as hulpprediker in die Groote Kerk, Kaapstad, diens gedoen het, het hy 'n beroep na die NG gemeente Murraysburg aangeneem. Dié groot getal beroepe was daaraan te danke dat daar destyds, twee jaar voor die oprigting van Suid-Afrika se eie Teologiese Kweekskool op Stellenbosch, 'n nypende tekort aan predikante in die NG Kerk was, in so 'n mate dat 10 gemeentes hom beroep het hoewel hy toe nog gans onbekend by hulle was.

Op Murraysburg is hy 20 Mei 1858 georden en bevestig deur die konsulent, ds. Andrew Murray sr. van die NG gemeente Graaff-Reinet, na wie die dorp heet en wat later sy skoonvader geword het. Murraysburg was toe skaars drie jaar oud, want dit was juis onder ds. Murray se voorsitterskap dat die Ringskommissie van Graaff-Reinet op 19 April 1855 op die plaas Eenzaamheid vergader en die koopkontrak met die eienaar, J.A. Burger, geteken het ten einde daar 'n dorp te stig. So ontstaan die dorp en gemeente Murraysburg, wat die eerste keer ter ere van ds. Murray so genoem word in die notule van die plaaslike kerkraadsvergadering van 5 September 1855. Die nedersetting Murraysburg het in die jaar van prop. Hofmeyr se koms die middelpunt van 'n afsonderlike landdrosdistrik geword en in 1859 het die dorp munisipale status gekry.

Aan prop. Hofmeyr se handoplegging het, buiten ds. Murray, deelgeneem: di. John Pears (Somerset-Oos), G.W. Stegmann (Glen Lynden), William Murray (Middelburg) en eerw. J. Bennie. Die jong leraar se intreerede was oor 1 Korintiërs 3:7: "Zoo is dan noch hij die plant iets, noch hij die nat maakt, maar God die de wasdom geeft" (Statebybel). So 'n wasdom is op die arbeid van ds. Hofmeyr gegee, ook op Murraysburg, hoewel sy diens hier slegs agt jaar lank geduur het. Hy was in dié tyd vir sy gemeente 'n "ware geestelike gids".

Gedurende dié tyd het hy veral baie vir die opvoeding gedoen en is daar deur hom 'n eersteklas-skool opgerig, met T. Kyd as skoolhoof, onder wie se leiding etlike kandidate vir die admissie tot die Kweekskool hul voorbereidende studie deurgemaak het. 'n Hollander, J. B. Wouda, het les gegee in Nederlands terwyl ds. Hofmeyr, wat 'n aantal godvresende en talentvolle jongelinge geïnspireer het om predikant te word, aan hulle onderrig in Hebreeus en Bybelgeskiedenis gegee het. Dié leerlinge was onder meer die latere ds. J.G. Olivier, prof. C.F.J. Muller en ds. B.B. Keet, vader van prof. dr. Barend Bartholomeus Keet van die Stellenbosse Kweekskool. Die inrigting was bekend onder die naam Opvoedings Instituut van Murraysburg.

Huwelik links|200px|duimnael|Ds. Hofmeyr as jong getroude predikant op Murraysburg.

regs|200px|duimnael|Isabella Hofmeyr, gebore Murray, was 41 jaar lank pastoriemoeder op Somerset-Oos. Vyf van haar sewe seuns wat volwassenhied bereik het, het predikant geword, soos trouens ook haar vyf broers, onder wie dr. Andrew Murray en di. William Murray en Charles Murray.

Ds. Hofmeyr het op 7 Februarie 1861, vier dae ná sy 26ste verjaardag, op Graaff-Reinet met 'n plaaslike pastoriedogter, Isabella Murray, gebore 24 Desember 1839,Besondergede op MyHeritage.com in die huwelik getree. Dié gelukkige huweliksverbintenis is mettertyd geseën met twaalf kinders, te wete sewe seuns en vyf dogters. Van dié seuns het vyf predikant geword, van wie vier minstens 'n tyd lank aan die sending verbonde was. Die kinders was, met geboorte- en sterfjaar asook beroep (indien beskikbaar) tussen hakies: Seun (1861). Susanna Maria (1862–1906). Arend Hermanus (1864–1909, boer). Ds. Andrew Murray (direkteur Stofberg-gedenkskool, 1866–1936). Maria Isabella (1868–1950). Margareth Catharina (1869–1965). Ds. John Murray (1871–1943). Isabella Cornelia (1873–1966). William (Willie) Hendrik (skoolhoof, 1874–1944). Ds. Johannes Wynand Lou (organiserende NG sendingsekretaris van Kaapland, 1878–1936). Ds. Charles Murray (predikant, 1876–1930). Helen Elizabeth (orreliste, 1880–1964). Ds. Georg Wilhelm Stegmann (predikant, 1882–1969).