Die Eerste Meksikaanse Keiserryk (Spaans: Primer Imperio Mexicano) het vanaf 1821 tot 1823 op die gebied van die huidige republieke Meksiko, Belize, Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Nicaragua bestaan. Die keiserryk het met die onafhanklikheid van die Spaanse kolonie Nieu-Spanje ontstaan. Met die abdikasie van Agustin de Iturbide is die monargie afgeskaf en die eerste Meksikaanse Republiek gestig, wat tot die proklamasie van die Tweede Meksikaanse Keiserryk bestaan het. Ná die ontbinding van die keiserryk is Agustin de Iturbide op 19 Julie 1824 in Padilla tereggestel.
duimnael|upright|links|Regent (1821–1822) en keiser (1822–1823) Agustin de Iturbide duimnael|upright|links|Kroning van keiser Agustin de Iturbide op 21 Julie 1822 in Meksikostad duimnael|links|Die 24 deelgebiede van Meksiko in 1821 Terwyl Kuba, Santo Domingo en die Filippyne deel uitgemaak het van die Vise-Koninkryk Nieu-Spanje, het hierdie gebiede nie deel van Meksiko geword nie. Ná die afskaffing van die Keiserryk het Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Nicaragua op 1 Julie 1823 die Federale Republiek van Sentraal-Amerika gestig.
Deelgebiede Die Eerste Meksikaanse Keiserryk het uit 24 deelgebiede bestaan: Las Californias México Nuevo México Texas Nueva Vizcaya Coahuila Nuevo Reino de León Nuevo Santander Sonora Zacatecas San Luis Potosí Guanajuato Querétaro Puebla Guadalajara Oaxaca Yucatán Valladolid Veracruz Guatemala El Salvador Honduras Nicaragua Costa Rica
Bronnelys Walther L. Bernecker, Horst Pietschmann, Hans W. Tobler: Eine kleine Geschichte Mexikos. Suhrkamp, Frankfurt/M. 2007, . Anna, Timothy E.: The mexican empire of Iturbide. Lincoln, Neb.: Univ. of Nebraska Publ. 1990. . Castellanos, Francisco: El trueno: gloria y martirio de Augustín de Iturbide. Mexico, D.F.: Ed. Diana 1982.
Eksterne skakels
Keiserryk Meksiko Die dinastie van Meksiko Die keiserlike Huis van Habsburg-Iturbide
Kategorie:Geskiedenis van Belize Kategorie:Geskiedenis van Costa Rica Kategorie:Geskiedenis van El Salvador Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Geskiedenis van Guatemala Kategorie:Geskiedenis van Honduras Kategorie:Geskiedenis van Nicaragua