Maria van Boergondië (13 Februarie 1457 – 27 Maart 1482) was die dogter en enigste erfgenaam van Karel die Stoute.

Ná die dood van haar pa, wat in die Slag van Nancy dood is, het die Franse koning Lodewyk XI begin al haar erflande wat onder die Franse kroon was, soos die hertogdom Boergondië self, oor te neem. Sy het in 1477 met Keiser Maksimilian I uit die huis van Habsburg getrou om haar erfenis te red. Die Boergondiese en die Habsburgse erflande smelt saam.

Filip die Skone, (Filip I van Kastilië) (22 Junie 1478 - 25 September 1506) was die seun van Maria van Boergondië.

Kategorie:Geboortes in 1457 Kategorie:Geskiedenis van België Kategorie:Sterftes in 1482