Die onderkwark of b-kwark (simbool: b, van die Engelse bottom quark) is ’n soort elementêre deeltjie. Dit is ’n derdegenerasie-kwark, het ’n elektriese lading van − e en ’n groot massa van , ’n bietjie meer as vier keer dié van ’n proton.
Die onderkwark is die produk van die verval byna alle bokwarke. Hulle kan self verval in óf ’n op- of ’n sjarmekwark via die swak krag. Hul antideeltjie is die onder-antikwark of anti-onder), waarvan sekere eienskappe dieselfde magnitude maar teenoorgestelde teken het.
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Verwysings
Kategorie:Elementêre deeltjies