Johan Kemp was 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat as stut vir die Goue Leeus uitgedraf het. Kemp het in 2002 in ses wedstryde tydens die Vodacombeker-toernooi gespeel. Hy is op 28 Maart 2013 op 35-jarige ouderdom in sy huis in Fontainebleau, Johannesburg tydens 'n inbraak doodgeskiet. Sy vrou en twee seuns het die aanval oorleef, asook sy twee honde wat verskeie meswonde opgedoen het.Rugbyster in roof doodgeskiet , PRAAG, besoek op 30 Maart 2013Oud-Leeu in sy huis doodgeskiet, Beeld, 29 Maart 2013

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Lions rugbyspelers