x125px|link=243 Ida|alt=Asteroid Ida with its own moon x125px|link=Mimas (maan)|alt=Mimas, a natural satellite of Saturnx128px|link=Jupiter|alt=Planet Jupiter, a gas giant x128px|link=C/2014 Q2 (Lovejoy)x99px|link=Son x99px|link=Sirius|alt=Star Sirius A with white dwarf companion Sirius B x99px|link=Krap-newelx135px|link=Swartkolk|alt=Black hole (artist's animation) x135px|link=Pulsar|alt=Vela pulsar, a rotating neutron starx127px|link=Messier 80|alt=Globular star cluster x127px|link=Plejades (sterreswerm)|alt=Pleiades, an open star cluster'n Versameling van hemelliggame.
’n Hemelliggaam is ’n natuurlike voorwerp of struktuur wat in die sigbare ruimte voorkom. Dit sluit in die sterre, planete, mane, asteroïdes en komete. Hulle kan ook bestaan uit talle afhanklike voorwerpe wat saam sterreswerms, newels en sterrestelsels vorm.
Beskrywing Die grootste hemelliggame wat voorkom, is sterrestelsels, wat uit dwergsterrestelsels bestaan. Die sterrestelsels word gegroepeer in sterrestelselswerms, wat dikwels weer in groter superswerms lê wat in groot filamente tussen byna leë holtes voorkom. Dit alles vorm ’n web wat die sigbare heelal genoem word.
Sterre- en dwergsterrestelsels het ’n verskeidenheid vorms, wat bepaal word deur hul evolusiegeskiedenis, wat interaksies met ander sterrestelsels insluit. Na gelang van die soort sterrestelsel kan dit spesifieke kenmerke hê soos spiraalarms, halo's en ’n kern. In die middel van die meeste sterrestelsels kom ’n swartkolk voor. Hulle het ook satelliete in die vorm van dwergsterrestelsels en bolswerms.
Die groot verskeidenheid van stervorms word feitlik geheel en al bepaal deur die massa, samestelling en evolusiefase van ’n ster. Hulle kan voorkom in veelvoudige stelsels wat om mekaar wentel, soos dubbelsterre en veelvoudige sterre.
Die verskillende soorte sterre kan gesien word in die Hertzsprung-Russell-diagram – ’n grafiek wat sterre se ligsterkte stel teenoor hul oppervlaktemperatuur. Elke ster volg ’n evolusiebaan deur die grafiek.
Na gelang van die aanvanklike massa van ’n ster en die teenwoordigheid of afwesigheid van ’n metgesel, kan ’n ster die laaste fase van sy bestaan deurbring as ’n kompakte ster – óf ’n witdwerg óf ’n neutronster óf ’n swartkolk.
Kategorieë Die tabel lys die mees algemene hemelliggame in die heelal na gelang van hul ligging. Sonnestelsel Ekso-voorwerpe Eenvoudige voorwerpe Saamgestelde voorwerpe Uitgebreide voorwerpe Son Planete Mercurius Venus Aarde Mars Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Mane Dwergplanete Pluto Eris Ceres Makemake Haumea Asteroïdes Asteroïdegordel Trojane Sentoure Trans-Neptunus-voorwerpe Kuiper-gordel Verstrooide skyf Komete Oort-wolk Meteoroïdes Sonwind Eksoplanete Bruindwerge Sterre Klas O Klas B Klas A Klas F Klas G Klas K Klas M Dwergsterre Reusesterre Hiperreusesterre Ander soorte Veranderlike sterre Novas Supernovas Kompakte sterre Witdwerge Swartdwerge Neutronsterre Magnetars Pulsars Swart kolke Gammaflitse Planetêre stelsels Stergroepe Enkelsterstelsels Sonnestelsel Dubbelsterre Veelvoudige sterre Sterreswerms Oop sterreswerms Bolvormige sterreswerms Sterrebeelde Asterismes Sterrestelsels Spiraalsterrestelsels Elliptiese sterrestelsels Lensvormige sterrestelsels Interaktiewe sterrestelsels Donker sterrestelsels Steruitbarsting-sterrestelsels Dwergsterrestelsels Onderdele van sterrestelsels Spiraalarms Galaktiese uitbultings Galaktiese halo's Sterrestelselswerms Superswerms Sterrestelselfilamente Akkresieskywe Steromringende materie Rommelskywe Protoplanetêre skywe Interstellêre medium Newels Emissienewels Planetêre newels Supernova-oorblyfsels H II-gebiede Refleksienewels Donker newels Molekulêre wolke H I-gebiede Intergalaktiese medium Kosmiese mikrogolf-agtergrondstraling Donker materie
Verwysings
Eksterne skakels SkyandTelescope.com Lugkaart Maandelikse lugkaarte vir alle plekke op Aarde
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia