duimnael|links|Die woord "Sichuan" in Chinese karakters Sichuan (Chinees: 四川, Pinyin: Sìchuān, ) is 'n provinsie van die Volksrepubliek China. In 2013 het dit 'n bevolking van sowat 81 miljioen gehad.

Geskiedenis Die naam Sichuan beteken "Vier Riviere". Tot 14 Maart 1997 het die huidige stadprovinsie Chongqing onder Sichuan geval. Die drie voormalige prefekture (Fuling, Wanxian en Qianjiang) is onder die bestuur van Chongqing geplaas. Dit het 'n totaal van 30,2 miljoen mense gehad. Hierdie herorganisasie is uitgevoer om die weste van China beter te ontwikkel en om mense wat hul huise deur die Drie Klowe-dam-projek verloor het, huisvestiging te gee. Sichuan was voor die opdeling die provinsie in China met die grootste bevolking.

Op 12 Mei 2008 is die provinsie getref deur 'n baie ernstige aardbewing met die krag van 7.9 op die Richterskaal.

Geografie Hoewel die provinsie in die middel van China is, word Sichuan tradisioneel as deel van Suidwes-China beskou.

Die oostelike deel van die provinsie lê in die Rooi Bekken en is heeltemal omring deur hoë berge. Hierdie deel het 'n hoë bevolkingsdigtheid. Byna alle stede is hier en ongeveer honderd miljoen mense woon daar. Die Yangtze en 'n paar groot sytakke, soos die Min en die Jialing, is die belangrikste riviere. Die stad Chongqing is ook in die Rooi Bekken geleë.

Die groter westelike deel bestaan uit die oostelike bergreekse van die Himalajas. Die hoogste berg is die Gongga Shan (7590 meter). Hierdie deel word gereken onder die historiese Tibet.

In Sichuan is die Wolong natuurreservaat, want die groot panda beskerm wat met uitsterwing bedreig word. In Julie 2006 is dit op die Wêreld Erfenislys (kategorie natuurlike erfenis) geplaas. In die noorde van die provinsie is die Jiuzhaigou Nasionale Park (Nege Dorpsvallei), ook op die Wêreld Erfenislys geplaas.

Bestuursindeling Die bestuursindeling van Sichuan is as volg:

senter|duimnael Nr. NaamHanziHanyu Pinyin Subprovinsiale stad9Chengdu成都市Chéngdū Shì Stadsprefektuur3Mianyang绵阳市Miányáng Shì4Guangyuan广元市Gǔangyúan Shì5Nanchong南充市Nánchōng Shì6Bazhong巴中市Bāzhōng Shì7Dazhou达州市Dázhōu Shì8Ya'an雅安市Yǎ'ān Shì10Deyang德阳市Déyáng Shì11Suining遂宁市Sùiníng Shì12Guang'an广安市Guǎng'ān Shì13Meishan眉山市Méishān Shì14Ziyang资阳市Zīyáng Shì15Leshan乐山市Lèshān Shì16Neijiang内江市Nèijiāng Shì17Zigong自贡市Zìgòng Shì18Yibin宜宾市Yíbīn Shì19Luzhou泸州市Lúzhōu Shì21Panzhihua攀枝花市Pānzhīhūa Shì Outonome prefekture1Garzê (Tibettaans)甘孜藏族自治州Gānzī Zàngzú Zìzhìzhōu2Ngawa (Tibettaans & Qiang)阿坝藏族羌族自治州Ābà Zàngzú Qiāngzú Zìzhìzhōu20Liangshan (Yi)凉山彝族自治州Liángshān Yízú Zìzhìzhōu

Sichuan is verdeel in agttien stadsprefekture en drie outonome prefekture.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Sichuan Provinsiale Regering

Kategorie:Provinsies van die Volksrepubliek China