Vivian Solomons (19 September 1952 – 13 April 1984) was ’n geskiedenisonderwyser; inspekteur van onderwys, Afrikaanse akteur en TV-aankondiger. Hy is in April 1984 oorlede kort nadat hy op Vrydag die 13de in ’n motorongeluk was.Vrydag, die 13de, 'bring geluk', Die Burger, 13 Mei 1994 URL besoek op 26 Februarie 2013

Solomons het in die laat 1970's en vroeë 1980's naam gemaak in ’n paar toneelstukke, onder meer Athol Fugard se Statements After an Arrest Under the Immorality ActThe Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 26 Februarie 2013 in 1979 in die Markteater in Johannesburg saam met Wilma Stockenström en Adam Small se Kanna, Hy Kô Hystoe in 1981 in die Staatsteater in Pretoria saam met Wilna Snyman.Die volle betekenis van aktrise en vrou, Beeld, 29 November 2010 URL besoek op 26 Februarie 2013

Op 6 Julie 1983 het hy die eerste bruin aankondiger op die destydse "wit" kanaal TV1 geword.S. African TV breaks color bar, Ottawa Citizen, 9 Julie 1983 URL besoek op 26 Februarie 2013 Hy is in 1984 ná ’n motorongeluk dood te midde van omstredenheid – daar was glo ’n oponthoud om hom in die hospitaal te kry omdat nie besluit kon word of hy bruin of wit is nie.Ernest, David Solomon Harold, MA-tesis, Meaning in Small, Snyders and Pearce: an Application of Lotman's Semiotics to 'Coloured' Literature URL besoek op 26 Februarie 2013Race Before Treatment, Sydney Morning Herold, 26 April 1984 URL besoek op 26 Februarie 2013

Toneelstukke Statements After an Arrest Under the Immorality Act – 1979 Kanna, Hy Kô Hystoe – 1981 Die Koopman van Venesië – 1981

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiepersoonlikhede Kategorie:Geboortes in 1952 Kategorie:Sterftes in 1984