Die Sand du Plessis-teaterkompleks is geleë in Markgraaffstraat, Bloemfontein. Dit is ’n groot, veeldoelige teatersentrum wat op 1 Augustus 1985 geopen isThe Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 22 Februarie 2013 as die tuiste van die Streeksraad vir die Uitvoerende Kunste van die Oranje-Vrystaat (Sukovs). Dit beslaan ’n hele straatblok en bestaan uit twee formele ruimtes. Dit is genoem na Sand du Plessis, eertydse administrateur van die Vrystaat.Ag sies!, Ons Stad, 16 Junie 2010 URL besoek op 23 Februarie 2013 Die hoofingenieur van die projek was Henk Boting.
Die hoofteater het 964 sitplekke en kan aangepas word vir groot aanbiedings van drama, musiekspele, popkonserte, opera, ens. Dit is geopen met Verdi se Nabucco en Shakespeare se The Merchant of Venice.
André Huguenet-teater ’n Tweede ruimte in die teater is genoem na die Suid-Afrikaanse akteur André Huguenet, wat in Bloemfontein gebore is. Dit is ’n kleiner, eksperimentele teater met 300 sitplekke en kan ook dien as ’n TV-ateljee. Dit is in 1985 geopen met twee Afrikaanse produksies, Bloedbruilof deur Lorca op 28 Augustus en Don Juan onder die Boere deur Bartho Smit op 4 September.
Skaatsplankry Die teatergebou is ook bekend as die skaatsplankpark van Bloemfontein. Skaatsplankryers kom elke Saterdag hier byeen om saam hul sport te beoefen.
Verwysings
Eksterne skakels Sand du Plessis op die Sukovs-webtuiste Ungerer, Carien: Die Sand du Plessis-teater - sieraad van die Vrystaat. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 35, nr. 1, Januarie 1986
Kategorie:Geboue en strukture in Bloemfontein Kategorie:Suid-Afrikaanse teaters