Sir Walter Scott (Edinburgh, 14 Augustus 1771 - Abbotsford House, Abbotsford, 21 September 1832) was 'n Skotse digter en skrywer wat veral bekend is om sy historiese romans, waaronder Ivanhoe.
Werke Scott se eerste letterkundige aktiwiteite was vertalings uit die Duits, onder andere werke soos Götz von Berlichingen deur Goethe (1799). Sy eerste sukses was met poësie, soos sy driedelige The Minstrelsy of the Scottish Border (1802-1803) - 'n versameling historiese ballades - en die uitgerekte gedigte The Lay of the Last Minstrel (1805), Marmion (1808), The lady of the lake (1810), Rokeby (1813) en The lord of the isles (1815), wat almal oor gebeurtenisse uit die Skotse geskiedenis handel.
Met die verskyning van The Lady of the Lake (1809), 'n geromantiseerde verhaal oor die ontmoeting van koning Jakobus V en die dogter van sy vyand, Ellen Douglas, het sy roem as romanskrywer en verteller van verhale begin.
'n Uitgerekte reeks historiese romans het gevolg. Dit kan in twee kategorieë verdeel word: eerstens, romans oor die Skotse geskiedenis, wat Scott Tales of my Landlord genoem het; hieronder val The Heart of Midlothian (1818, die verhaal van die valse beskuldiging van Effie Deans van kindermoord; teen die agtergrond van die Porteous-oproer van 1736), en The Bride of Lammermoor (1819, die tragiese liefdesverhaal van Lucy Ashton en die vyand van haar familie, Edgar Ravenswood). Tweedens is daar die groot aantal romans wat ontleen is aan die Engelse- en kontinentale geskiedenis, soos die Waverley-romans, waarvan Ivanhoe (1820), Kenilworth (1821, oor Amy Robsart) en Quentin Durward (1823) die bekendste is.
In 1826 word Scott oorval deur groot finansiële skuld. Dit was die gevolg van die bankrotskap van die Ballantyne-uitgewers waarvoor hy mede-aanspreeklik was. Om die probleem die hoof te bied versnel hy sy letterkundige produksie, wat weer die kwaliteit van sy latere romans belemmer het. Dit word beweer dat hierdie harde werk aan die einde van sy lewe sy oorlye bespoedig het. Na sy dood delg sy erfgename egter sy skuld volledig deur die verkoop van sy outeursregte.
Bibliografie duimnael|Sir Walter Scott deur Robert Scott Moncrieff.
Romans
Die Waverley Novels is die titel van die uitgerekte reeks romans deur Scott wat vanaf 1814 tot 1832 gepubliseer is. Die naam van die reeks is afkomstig van die eerste roman, Waverley. Die volgende is 'n chronologiese lys van die hele reeks:
1814: Waverley 1815: Guy Mannering 1816: The Antiquary 1816: The Black Dwarf en Old Mortality of The Tale of Old Mortality – die eerste aflewering uit die reeks Tales of My Landlord 1817: Rob Roy 1818: The Heart of Mid-Lothian – die tweede aflewering uit die reeks Tales of My Landlord 1819: The Bride of Lammermoor en A Legend of Montrose of A Legend of the Wars of Montrose – die derde aflewering uit die reeks Tales of My Landlord 1820: Ivanhoe 1820: The Monastery 1820: The Abbot 1821: Kenilworth 1822: The Pirate 1822: The Fortunes of Nigel 1822: Peveril of the Peak 1823: Quentin Durward 1824: St. Ronan's Well of Saint Ronan's Well 1824: Redgauntlet 1825: The Betrothed en The Talisman – uit die reeks ales of the Crusaders 1826: Woodstock 1827: Chronicles of the Canongate — bevat twee kortverhale ('The Highland Widow' en 'The Two Drovers') en 'n roman (The Surgeon's Daughter) 1828: The Fair Maid of Perth – die tweede aflewering uit die reeks Chronicles of the Canongate 1829: Anne of Geierstein 1832: Count Robert of Paris en Castle Dangerous – die vierde aflewering uit die reeks Tales of My Landlord
Ander romans:
1831–1832: The Siege of Malta – 'n voltooide roman wat postuum in 2008 gepubliseer is 1832: Bizarro – 'n onvoltooide roman (of novelle) wat postuum in 2008 gepubliseer is
Poësie Baie van die kort gedigte of liedere wat deur Scott gepubliseer is (of later gebundel is) was oorspronklik nie aparte stukke nie maar deel van langer gedigte wat deur sy romans, verhale en dramas versprei was.
1796: Translations and Imitations from German Ballads by Sir Walter Scott: Two Ballads, translated from the German of Gottfried Augustus Bürger 1800: Glenfinlas 1802–1803: Minstrelsy of the Scottish Border 1805: The Lay of the Last Minstrel 1806: Ballads and Lyrical Pieces 1808: Marmion 1810: The Lady of the Lake 1811: The Vision of Don Roderick 1813: The Bridal of Triermain by Walter Scott 1813: Rokeby 1815: The Field of Waterloo 1815: The Lord of the Isles 1817: Harold the Dauntless
Kortverhale 1827: "The Highland Widow" en "The Two Drovers" (sien Chronicles of the Canongate supra) 1828: "My Aunt Margaret's Mirror," "The Tapestried Chamber," en "Death of the Laird's Jock" – uit die reeks The Keepsake Stories
Toneelstukke 1799: Goetz of Berlichingen, with the Iron Hand: A Tragedy – 'n Engelstalige vertaling van die toneelstuk uit 1773 deur Johann Wolfgang von Goethe getiteld Götz von Berlichingen 1822: Halidon Hill 1823: MacDuff's Cross 1830: The Doom of Devorgoil 1830: Auchindrane
Nie-fiksie 1814–1817: The Border Antiquities of England and Scotland – die medeskrywers van die werk is Luke Clennell en John Greig. Scott se bydrae bestaan uit die substansiële inleidende essay wat oorspronklik in twee essays tussen 1814 en 1817 gepubliseer is. 1815–1824: Essays on Chivalry, Romance, and Drama – 'n aanvulling tot die 1815–1824 uitgawes van die Encyclopædia Britannica 1816: Paul's Letters to his Kinsfolk 1819–1826: Provincial Antiquities of Scotland 1821–1824: Lives of the Novelists 1825–1832: The Journal of Sir Walter Scott — eerste gepubliseer in 1890 1826: The Letters of Malachi Malagrowther 1827: The Life of Napoleon Buonaparte 1828: Religious Discourses. By a Layman 1828: Tales of a Grandfather; Being Stories Taken from Scottish History – die eerste aflewering uit die reeks Tales of a Grandfather 1829: The History of Scotland: Volume I 1829: Tales of a Grandfather; Being Stories Taken from Scottish History – die tweede aflewering uit die reeks Tales of a Grandfather 1830: The History of Scotland: Volume II 1830: Tales of a Grandfather; Being Stories Taken from Scottish History – die derde aflewering uit die reeks Tales of a Grandfather 1830: Letters on Demonology and Witchcraft 1831: Tales of a Grandfather; Being Stories Taken from the History of France – die vierde aflewering uit die reeks Tales of a Grandfather 1831: Tales of a Grandfather: The History of France (Second Series) — onvoltooid; gepubliseer in 1996
Kategorie:Skotse skrywers Kategorie:Skotse digters Kategorie:Geboortes in 1771 Kategorie:Sterftes in 1832