Justinianus II (Grieks: Ιουστινιανός Β΄; (668/669 – 11 Desember 711) was die Bisantynse keiser van 685 tot 695 en weer van 705 tot 711. Hy was ook bekend as Justinianus met die Afgesnyde Neus (Latyn: Rhinotmetus; Grieks: ὁ Ῥινότμητος) en was die laaste keiser van die Dinastie van Herakleios.

Bewind Justinianus was ’n ambisieuse en passievolle leier wat graag die ryk tot sy voormalige glorie wou herstel, maar hy het enige teenstand swak hanteer en het nie die afronding van sy pa, Konstantyn IV, gehad nie. Daar was dus groot teenstand teen sy bewind en hy is in 695 van die troon afgesit in ’n volksopstand en deur die leier van die opstand, Leontios, vervang. Justinianus se neus is afgesny (omdat van keisers verwag is om ’n weerspieëling van God te wees, dus sonder enige ontsierings) en hy is na die Krim verban. Ná drie jaar is Leontios ook van die troon afgesit en hy is deur Tiberius III vervang.Bury, J.B., A History of the Later Roman Empire from Arcadius to Irene, Vol. II, MacMillan & Co., 1889

In 705 het Justinianus II na die troon teruggekeer met die hulp van ’n Bulgaarse en Slawiese leër. Sy tweede bewind was selfs meer despoties as sy eerste, en sy bewind is weer in 711 beëindig toe sy leër teen hom draai en hom doodmaak. Hy is opgevolg deur generaal Bardanes, wat as Philippikos regeer het.

Gesin Justinianus het by sy eerste vrou, Eudokia, ’n dogter, Anastasia, gehad en by sy tweede vrou, Theodora van Chazarië, ’n seun, Tiberius, wat van 706 tot 711 medekeiser was. Tiberius is ook vermoor nadat Justinianus die tweede keer onttroon is, en so is die manlike lyn van keiser Herakleios uitgewis.

Verwysings

Eksterne skakels 1911 Encyclopædia Britannica article

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 669 Kategorie:Sterftes in 711