Philippikos (Latyn: Philippicus, Grieks: Φιλιππικός; oorl. 713) was die Bisantynse keiser van 711 tot 713. Sy oorspronklike naam was Bardanes (Grieks: Βαρδάνης, Vardanis; Armeens: Վարդան, Vardan) en hy was die seun van die patrisiër Nikephorus van Armenië.

Hy het met die eerste opstand teen keiser Justinianus II in 695 al probeer om aanspraak op die troon te maak en is daarna na die Krim verban. Hier het hy die naam Philippikos aangeneem en die inwoners aangehits tot ’n opstand. Hulle het na Konstantinopel opgeruk en Philippikos het die troon oorgeneem. Justinianus, wat gevlug het, is kort daarna tereggestel.

Laat in Mei 713 was daar ’n opstand in Thracië en verskeie soldate het Konstantinopel binnegeval. Hulle het Philippikos op 3 Junie verblind. Hy is opgevolg deur sy hoofsekretaris, Artemius, wat keiser geword het as Anastasius II.

Verwysings

Verdere leesstof The Oxford Dictionary of Byzantium, Oxford University Press, 1991.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Sterftes in 713