Konstantyn V (Grieks: Κωνσταντίνος Ε΄; 718 – 14 September 775) was die Bisantynse keiser van 741 tot 775.
Konstantyn is in Konstantinopel gebore as die seun van Leo III en sy vrou, Maria. In Augustus 720 het sy pa hom as medekeiser aangestel en laat trou met Tzitzak, die dogter van die Kasaarse grootkhan Bihar. Sy nuwe vrou is in 732 herdoop tot Irene ("vrede"). Konstantyn het sy pa op 19 April 741 as keiser opgevolg.
Hy is op 14 September 775 dood en is opgevolg deur sy seun, Leo IV die Kasaar.
Verdere leesstof The Oxford Dictionary of Byzantium, Oxford University Press, 1991.
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 718 Kategorie:Sterftes in 775