Tiberius III (Grieks: Τιβέριος Γ', Tiberios; oorl. 15 Februarie 706) was die Bisantynse keiser van 698 tot 21 Augustus 705. Hy was ’n offisier met die naam Apsimaros (Αψίμαρος), wat ’n opstand gelei het waarin keiser Leontios se bewind in 698 omvergewerp is.
Bewind Hy het militêre suksesse behaal en die militêre administrasie versterk.Moore, R. Scott, "Tiberius III(II) (698–705 A.D.)", De Imperatoribus Romanis (1999) Intussen het Justinianus II, wat deur Leontios onttroon en na die Krim verban is, ontsnap. Met die hulp van die Bulgaarse en die Slawiese leër het hy in 705 na Konstantinopel opgeruk en die stad deur ’n verlate waterpyp binnegegaan. Tiberius het gevlug en is ’n paar maande later gevange geneem. Hy, Leontios en van die militêre bevelvoerders is daarna gehang.Bury, J.B., A History of the Later Roman Empire from Arcadius to Irene, Vol. II, MacMillan & Co., 1889
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Sterftes in 705