Die nasionale vlag van Bolivië is op 31 Oktober 1851 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane van bo na onder in rooi, geel en groen. In 2009 is die Wiphala, ’n lapwerk van 7-by-7 wat diagonaal in wit, geel, oranje, rooi, pers blou en groen gerangskik is, ook as amptelike vlag van Bolivië aanvaar.

Ontwerp Ontwerp en afmetings Die nasionale vlag van Bolivië word beskryf as ’n reghoekige horisontale driekleur, met die kleure rooi, geel en groen in die verhouding 1:1:1.

Die afmetings van die vlag is sedert die aanvaarding in 1851 nie gedefinieer nie. Die Opperste Dekreet Nº 27630 van 2004 het uiteindelik vasgestel dat die grootte van die vlag 7,5 vierkante by 11 vierkante moet wees. Die vierkant kan enige grootte wees maar die verhouding moet altyd 15:22 wees.

Kleur en simboliek duimnael|links|Die Wiphala en die driekleur wapper by die presidensiële Palacio Quemado in La Paz. Die presiese kleure van die Boliviaanse vlag is vasgestel in die Opperste Dekreet van 2004:

30px|raam <span style="color:white;">Rooi Geel <span style="color:white;">Groen Pantone 485 116 356 RGB (hex) 213-43-30 (#D52B1E) 252-209-22 (#FCD116) 0-121-52 (#007934) CMYK C0-M80-Y86-K16 C0-M17-Y91-K0 C100-M0-Y57-K53

Die eerste beskrywing van Bolivië se nasionale vlag, saam met die betekenis van die kleure is eers vasgestel deur die Opperste Dekreet van 1888 gedurende die regering van president Gregorio Pacheco.

Die kleure van die driekleur kan ook in die Wiphala gevind word. Die Wiphala is ook ingesluit in die nasionale kleure van die Boliviaanse Lugmag soos op die Dassault Falcon 900EX. Die Wiphala word ook amptelik vertoon by regeringsgeboue soos die Palacio Quemado en die parlement naas die driekleur sedert die bekendstelling van die grondwet van 2009.

Ander vlae

Voorstel vir nuwe vlag duimnael|regs|230px| Morales se voorstel President Evo Morales wou die posisie van die inheemse bevolking van Bolivië verbeter en wou daarmee saam ook hul simbole meer prominent maak in die land. Met dit in gedagte het Morales ’n voorstel ingedien vir ’n nuwe vlag vir Bolivië.

Morales se ontwerp het ’n deel van die Wiphala aan die vlagpaalkant van die vlag gehad met die driekleur aan die wapperkant. Die kleure van die Wiphala het die volgende voorgestel: geel het energie voorgestel, oranje het die gemeenskap en kultuur voorgestel, rooi het die aarde en die mense uit die Andes voorgestel, pers het die bestuur van die Andes en selfbeskikking voorgestel, blou het die lug voorgestel, groen het die natuurlike hulpbronne voorgestel en wit het die tyd voorgestel.

Morales se voorstel het nie geslaag nie maar sedert die aanvaarding van die nuwe grondwet is die Wiphala gelykgestel met die nasionale vlag.

Soortgelyke vlae

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Bolivië by Flags of the World.

Kategorie:Bolivië Bolivie