Nanchong (Chinees: 南充) is 'n stad in die Chinese provinsie Sichuan met 'n bevolking van 6 278 622 in 2010. Die stad is in die sentrum van China, noord van die Yangtze geleë.
Nanchong grens in die ooste aan Datsjou, in die weste aan Mianyang en Suining, en in die noorde aan Guangyuan. Die stad is in 314 v.C. deur die Qin-dinastie verower. Tydens die Han-dinastie is dit Anhan genoem en in 621 is die stad onder die Tang-dinastie in Guotsjou ("vrugstad") hernoem. In 742 is die naam ná Nanchong verander.
Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China