Die Verenigde Arabiese Republiek (V.A.R., Arabies: الجمهورية العربية المتحدة) was 'n unie tussen Egipte en Sirië, wat vanaf 22 Februarie 1958 tot 28 September 1961 as 'n enkele staat saamgesnoer was. Die V.A.R. stort in 1961 na 'n staatsgreep in Sirië in duie. Sirië verklaar hulself onafhanklik, maar Egipte behou die naam Verenigde Arabiese Republiek tot in 1970, waarna die land se naam in die Arabiese Republiek Egipte verander is.
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis van Egipte Kategorie:Geskiedenis van Sirië