Tiberius II Konstantyn (Latyn: Flavius Tiberius Constantinus Augustus, Grieks: Τιβέριος Α′ Κωνσταντίνος; omstreeks 535 – 14 Augustus 582) was die Bisantynse keiser van 574 tot 582. Hy is in die middel 6de eeu in Thracië geboreKazhdan, pg. 2083 en is iewers ná 552 deur die Patriarg van Konstantinopel aan die toekomstige keiser Justinus II voorgestel,Martindale, pg. 1324 waarna hulle vriende geword het.Treadgold, pg. 223 Danksy Justinus het hy ’n hoë posisie beklee en hy was teenwoordig toe Justinus keiser geword het.
In 570 het Tiberius ’n Tawaarse leër in Thracië verslaan,Martindale, pgs. 1324–1325 maar laat in 570 of vroeg in 571 is hy verslaan in ’n volgende veldslag waar hy net-net aan die dood ontkom het.Martindale, pg. 1325
In 574 het Justinus ’n senu-ineenstorting gehad en die keiserin, Sophia, het Tiberius gevra om namens hom te regeer. Op 7 Desember 574 het Justinus Tiberius as medekeiser verklaar en hom as sy seun aangeneem. Sophia wou tot elke prys die mag behou en het Tiberius streng beheer tot met Justinus se dood.Kazhdan, pg. 2084; Bury, pg. 78; Canduci, pg. 187
Bewind Op 26 September 578 het ’n swak Justinus Tiberius as sy opvolger aangewys. Hy is eindelik vroeg in Oktober 578 dood.
Sophia het probeer om in beheer te bly en die nuwe keiser te beïnvloed om met haar te trou, maar hy het die aanbod van die hand gewys omdat hy reeds getroud was met Ino Anastasia. Uit weerwraak het Sophia ’n geheime ooreenkoms aangegaan met generaal Justinianus, vir wie Tiberius die jaar tevore vervang het, sodat hy kon keiser word. Die sameswering het egter misluk.
Ná sukses teen die Perse in die ooste het Tiberius hom op die weste toegespits. In 579 het hy sy militêre bedrywighede tot in die oorblyfsels van die Wes-Romeinse Ryk uitgebrei. Die ryk het egter te groot geword. In 579, terwyl Tiberius elders besig was, het die Aware Sirmium verower.Treadgold, pg. 226 Terselfdertyd het die Slawiërs na Thracië, Masedonië en Griekeland gemigreer, tot so ver as suid van Athene. Die Perse het intussen geweier om vrede te maak en hoewel ’n nuwe Persiese inval in 582 gestuit is, was Tiberius teen dié tyd besig om te sterf nadat hy sleg voorbereide of met opset vergiftigde kos geëet het.Martindale, pg. 1326; Norwich, pg. 272; Canduci, pg. 187
Tiberius het aanvanklik twee opvolgers benoem: sy twee skoonseuns, Mauricius en Germanus. Later het hy Mauricius as sy uiteindelike opvolger aangewys deur aan hom die rang augustus te gee.Treadgold, pg. 227; Martindale, pg. 1326 Tiberius is die volgende dag, op 14 Augustus 582, oorlede.
Verwysings
Bronne Treadgold, Warren, A History of the Byzantine State and Society, Stanford University Press (1997) Martindale, J. R., The Prosopography of the Later Roman Empire, Vol. III, Cambridge University Press (1992) Kazhdan, Alexander P., The Oxford Dictionary of Byzantium, Vol. III, Oxford University Press (1991) Norwich, John Julius, Byzantium: The Early Centuries, Penguin Books (1990) Canduci, Alexander, Triumph and Tragedy: The Rise and Fall of Rome’s Immortal Emperors, Pier 9 (2010) Bury, J. B., A History of the Later Roman Empire from Arcadius to Irene, Vol. II (1889) Paul die Diaken, Historia Langobardorum
Eksterne skakels Gibbon, The History of the Decline and Fall of the Roman Empire, hoofstuk 45, aanlyn Paul the Deacon, Historia Langobardorum, Boek III, hoofstukke 11–15 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 520 Kategorie:Mense in die 6de eeu Kategorie:Sterftes in 582