Die Afrikanasiesbeker 2013 is van 19 Januarie tot en met 10 Februarie 2013 in Suid-Afrika aangebied. Dit was die 29ste aanbieding van die CAF se Afrikanasiesbeker-toernooi en die tweede keer wat Suid-Afrika die geleentheid kry om as gasheer op te tree nadat hulle ook die 1996-toernooi aangebied het.
duimnael|links|upright|Die Afrikanasiesbekertrofee waarom meegeding is 16 spanne vanuit verskeie Afrikalande het aan die toernooi deelgeneem. Nigerië het die trofee gewen nadat hulle Burkina Faso op 10 Februarie in die ENB-stadion met 1–0 geklop en sodoende hulle derde Afrikatitel ingepalm het; Nigerië het daarmee regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 in Brasilië gekwalifiseer. Mali het in die derde en Ghana in die vierde plek geëindig. Die verdedigende kampioen Zambië is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Suid-Afrika se Bafana-Bafana het die uitklopfase gehaal, maar hulle is deur Mali in die kwarteindrondte met 1 (1) teen 1 (3) uitgeskakel.
Toewysing Aanvanklike toewysing aan Libië Op 4 September 2006 het CAF aangekondig dat die Afrikanasiesbeker in 2010 in Angola, in 2012 in Gaboen en Ekwatoriaal-Guinee en 2014 in Libië aangebied sou word. Op 14 Mei 2010 het die uitvoerende komitee bekend gemaak dat dit vanaf 2013 in onewe jare gespeel sou word om nie in dieselfde jaar van die Sokker-Wêreldbeker aangebied te word nie. Afrikanasiesbeker van 2013 in onewe jare Hiervolgens sou Libië dan die toernooi in 2013, ’n jaar vroeër as aanvanklik beplan, aanbied.
Toewysing aan Suid-Afrika Na die uitbreek van die Libiese Burgeroorlog in 2011 het CAF in September 2011 besluit om die organisasie van die toernooi van 2013 en 2017 om te ruil. Dit het Suid-Afrika in staat gestel om sy infrastruktuur en stadions wat vir die Sokkerwêreldbeker 2010 opgebou is aan te wend. Libië sou dan meer tyd kry om voor te berei waartydens die land onder meer gestabiliseer kon word. "Libië verspeelt Afrika Cup 2013 aan Zuid-Afrika", Sporza.be, 28 September 2011
Kwalifisering Die gasheer Suid-Afrika het regstreeks vir die Afrikanasiesbeker 2013 gekwalifiseer. Tydens die kwalifisering het 47 spanne om die oorblywende 15 plekke meegeding.
Kwalifiserende spanne Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering:
Gasheerland Suid-Afrika SpanVerskynings by eindstrydeAgtereenvolgende deelnamesLaaste verskyningVorige beste prestasie15de12010Kampioen (1990)7de52012Kwarteindstryd (2008, 2010)9de32012Vierde plek (1998) DR Kongo16de12006Kampioen (1968, 1974)10de11982Kampioen (1962)19de52012Kampioen (1963, 1965, 1978, 1982)20ste52012Kampioen (1992)1ste1–Debuut8ste42012Naaswenner (1972)15de22012Kampioen (1976)2de22012Groepfase (2012)17de12010Kampioen (1980, 1994)8ste12008Kampioen (1996)7de12006Groepfase (1972, 1984, 1998, 2000, 2002, 2006)16de112012Kampioen (2004)16de52012Kampioen (2012)
Stadions Die wedstryde is in vyf stede en in vyf stadions gespeel:
Johannesburg Durban Port Elizabeth ENB-stadion Moses Mabhidastadion Nelson Mandelabaaistadion Kapasiteit: 94 700 Kapasiteit: 54 000 Kapasiteit: 48 000 200px 200px 200px Nelspruit Rustenburg Mbombela-stadion Royal Bafokeng-stadion Kapasiteit: 41 000 Kapasiteit: 42 000 200px 200px
Wedstrydbal Die Afrikanasiesbeker 2013 se amptelike wedstrydbal is vervaardig deur Adidas en genoem Katlego, wat “sukses” in Tswana beteken. Dié naam is deur Afrikasokkerondersteuners gekies deur ’n aanlynstemming bo twee alternatiewe name, naamlik Khanya (“lig”) en Motswako (“mengel”).
Formaat Die Afrikanasiesbeker 2013 is oor 23 dae tussen 16 verskillende nasies oor 32 wedstryde uitgespeel. Dit het op 19 Januarie 2013 op die ENB-stadion in Johannesburg met ’n wedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en Kaap Verde afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 10 Februarie met die eindstryd tussen Nigerië en Burkina Faso, waartydens Nigerië die Afrikanasiesbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Afrikanasiesbeker 2013 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJanuarieSa19So20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Sa26So27Ma28Di29Wo30Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
|Groep B | | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | |Groep C
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 |Groep D
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJanuarie/FebruarieDo31Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Sa9So10Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 2 | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#3399ff| 1 | bgcolor=#ffcc00| 1Legende
Groepfase Die Afrikanasiesbeker 2013 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel: Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning; Een vir ’n gelykop; geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting vir die groepfase het op 24 Oktober 2012 in Durban plaasgevind.
Groepfase 16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A duimnael|Wedstryd tussen Suid-Afrika en Angola Land312042+25312032+1530303303301214–31
Groep B Land321062+4731112204 DR Kongo30303303301204–41
Groep C Land312051+45312042+2530302203301217–61
Groep D duimnael|Wedstryd tussen Algerië en Ivoorkus Land321073+47311143+14311124–24301225–31
Uitklopfase duimnael|Die Nigeriese nasionale sokkerspan nadat hulle die Afrikanasiesbekertrofee ingepalm het
Kwarteindrondte
Halfeindrondte
Klein finale (om die derde plek)
Eindstryd
Afrikanasiesbekerkampioen 2013
Ranglys duimnael|400px|Deelnemende spanne volgens ranglys: RangSpanGroep 1 C 6 4 2 0 11 4 +7 14 2 C 6 2 3 1 7 3 +4 9 3 B 6 2 2 2 7 8 –1 8 4 B 6 3 2 1 10 6 +4 11 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 D 4 2 1 1 8 5 +3 7 6 A 4 1 3 0 5 3 +2 6 7 A 4 1 2 1 3 4 –1 5 8 D 4 1 1 2 4 4 ±0 4 In die groepfase uitgeskakel 9 D 3 1 1 1 2 4 –2 4 10 DR Kongo B 3 0 3 0 3 3 ±0 3 11 B 3 0 3 0 3 3 ±0 3 12 C 3 0 3 0 2 2 ±0 3 13 D 3 0 1 2 2 5 −3 1 14 A 3 0 1 2 1 4 –3 1 15 B 3 0 1 2 0 4 −4 1 16 C 3 0 1 2 1 7 −6 1
Meeste doele aangeteken Meeste doele aangeteken:
Rang Speler Doele 1 Emmanuel Emenike 4 Wakaso Mubarak 4 3 Seydou Keita 3 Alain Traoré 3 5 Kwadwo Asamoah 2 Gervinho 2 Dieumerci Mbokani 2 Sunday Mba 2 Victor Moses 2 Jonathan Pitroipa 2 Mamadou Samassa 2 Siyabonga Sangweni 2 Yaya Touré 2
Verwysings
Eksterne skakels
rsssf.com: African Nations Cup 2013 worldfootball.net: Africa Cup 1996 South Africa » Schedule
Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Sokkerkompetisies in Suid-Afrika Kategorie:Sport in 2013 2013