Die koningpikkewyn (Aptenodytes patagonicus) is 'n voël wat voorkom op die Antarktiese-eilande en baie seldsaam in Suid-Afrika is.
Voorkoms duimnael|links|upright|Eier van 'n koningpikkewyn. Die pikkewyn is 88–95 cm groot en weeg tot 15 kg. Die pikkewyn is groot met lang swemvlerke en daar is duidelike oranje nekvlekke en 'n pienkoranje plaat aan die kante van die lang, dun, effens krom snawel.
Subspesies Koningpikkewyne word onderverdeel in twee subspesies: A. p. patagonicus, hul broei op Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande en die Falkland-eilande in die suidelike Atlantiese Oseaan. A. p. halli, hul broei op die Kerguelen-, Crozet-, Prins Eduard-, Heard- en Macquarie-eilande in die suidelike Indiese Oseaan, suid van Australië en Nieu-Seeland.
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties) Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bronnelys Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Eksterne skakels
Kategorie:Pikkewyne